ʼn Hewige aardbewing van M6,5 het in ʼn ylbevolkte, bergagtige gebied noord van die provinsiale hoofstad Chengdu in China voorgekom. Volgens berigte is minstens 19 mense dood, maar die dodetal sal na verwagting aansienlik styg.
Die gebied waar die skudding voorgekom het, is gewild by toeriste en sommige berigte lui reeds dat daar toeriste onder die slagoffers is. Nie-amptelik word die dodetal op veel meer as 100 gestel.
Aardbewings kom dikwels in die gebied voor en in 2008 is meer as 70 000 mense tydens ʼn skudding in die streek dood.
Beeldmateriaal toon dat talle geboue beskadig is, wat verwag kan word van ʼn skudding waarvan die episentrum sowat 9 km onder die oppervlak was.
ʼn Skudding van M6,3, met ook sterk naskokke, het in Kazakstan voorgekom. Volgens die jongste inligting is niemand in hierdie skudding dood nie, maar 23 mense is beseer en meer as 1 000 huise is beskadig.
Dié skuddings het voorgekom in die omgewing van die verskuiwingsvlak wat die Indiese subvasteland van Asië “skei”.
Die skuddings tel onder die enkele sterk aardbewings tot dusver vanjaar. Nog net drie aardbewings van M7 of sterker het vanjaar wêreldwyd voorgekom.
Ogod is besig om kwaad te raak
Let asb daarop dat die stad se naam Chengdu is en nie Chendu nie
Dagsê Haas
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetni
Cyril nms Maroela Media