Aardbewing tref Peru

Grafika: Google Maps

ʼn Aardbewing van 7.3 het Sondag die kus van Peru getref. ʼn Tsoenami-waarskuwing wat vroeër uitgereik is, is intussen teruggetrek.

Die USGS berig die aardbewing het om 0918 GMT op ʼn diepte van 12 km, ongeveer 25,4 km suidsuidoos van Lomas plaasgevind.

Die tsoenamiwaarskuwingsentrum het aanvanklik gesê “gevaarlike tsoenamigolwe” is moontlik vir kuste binne 300 km van die aardbewing se episentrum en dat tsoenamigolwe moontlik is vir sommige kuste van Peru en Chili.

Die sentrum het later gesê die tsoenami-bedreiging is verby en dat “geen tsoenamigolwe op die naaste seevlakke gesien word nie”.

Geringe veranderinge in die seevlak kan moontlik plaasvind in kusgebiede.

Yamila Orosio, goewerneur van Arequipa, het op Twitter gesê minstens een persoon is dood en daar is berigte van kragonderbrekings en struktuurskade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJC ·

Verbasend min lewensverlies vir so ń kragtige aardbewing. Dit wil voorkom of hierdie mense al aangepas het by die baie aardbewings wat hulle ondervind. Ek is baie bly ek bly nie daar nie want dit bly ń skrikwekkende ondervinding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.