Aardbewing tref Taiwan

Taipei-fliekpark (10 Desember 2020) (Foto: Sam Yeh/AFP)

ʼn Aardbewing van 6.2 het Taiwan Donderdag getref, het die Amerikaanse geologiese opname (USGS) gesê. Alhoewel inwoners in die hoofstad Taipei berig het geboue het heen en weer geskud, was daar nie dadelik enige berigte van skade nie.

Die aardbewing het om 09:19 plaaslike tyd (1319 GMT) plaasgevind op ʼn diepte van 74 km naby Yilan City aan die eiland se ooskus, aldus die USGS.

Die aardbewing is oor die eiland heen gevoel.

“My gebou het verskriklik geskud en ek en my seun het uit ons huis gevlug,” het een sosialemediagebruiker in Taipei gesê. “Dit is angswekkend.”

Chen Kuo-chang, hoof van die sentrale weerburo se seismologiese sentrum, het gesê dié aardbewing is die grootste vanjaar. Naskokke het tussen 30 en 40 sekondes lank geduur.

Onlangse reën in Yilan en Nieu-Taipei beteken owerhede is paraat vir enige berigte van modderstortings in die omliggende berge.

Adjunkpres. William Lai het burgers gemaan om kalm te bly en op Facebook gesê die regering monitor die situasie.

Daar was nie dadelik enige berigte van skade of beserings nie.

Sommige hoëspoed-treindienste is vertraag deur die aardbewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.