Aardbewing van 6.6 naby Australië

Foto: Google Maps

ʼn Aardbewing van 6.6 het naby Broome aan die kus van die noordweste van Australië plaasgevind, het die Amerikaanse Geological Survey (USGS) Sondag gesê.

Die aardbewing hou nie enige tsoenamigevaar in vir Australië, eiland of ander gebiede nie, volgens die Buro van Meteorologie.

Geoscience Australië het gesê die onderwater skudding het om 0539 GMT in die Indiese Oseaan plaasgevind, tussen Broome en Port Hedland in die weste van Australië. Die episentrum is meer as 200 km wes van Broome, ʼn vakansiedorp aan die kus.

Geen groot skade is in die gebied aangemeld nie.

Plaaslike media het gesê inwoners aan kusgebiede het die skudding gevoel en sommige plaaslike inwoners het hul tot sosiale media gewend. “Ons het sopas ʼn aardbewing in Broome gehad! Die hele huis het geskud en dit het lank aangehou. Nog nooit vantevore só iets beleef nie – dis nogal verstommend!” het Deb Hannagan, ʼn inwoner van Broome, op Twitter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mic

Matteus 24:7

… “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en AARDBEWINGS op verskillende plekke…
JESUS se wederkoms is voor die deur ????

nabetragting

In lande waar aardbewings voorkom, is daar soms voor die aardbewing ’n onwerklike stilte. Dit is asof die aarde asem ophou vir die komende ramp. Alles is doodstil, maar intussen staar almal uitwissing in die gesig. So is dit ook met die swye van God oor die valse vrede wat in sy Naam verkondig word. Baie mense interpreteer hierdie stilte van God verkeerdelik as vrede, maar dit sal gevolg word deur sy vernietigende oordeel. Hoe word hierdie valse vrede dan omskep in God se egte vrede? Gehoorsaamheid en ’n toegewyde lewe bring ware vrede. Dié wat in God se volmaakte… Lees meer »