Aardbewings naby Nagasaki eis lewens, talle beseer

'n Foto van Donderdag se aardbewing in Mashiki. Foto: Koji Harada/Kyodo News via AP

‘n Foto van Donderdag se aardbewing in Mashiki. Foto: Koji Harada/Kyodo News via AP

Altesaam 18 aardbewings sterker as 4,5 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het die afgelope 24 uur naby die Japannese stad Nagasaki voorgekom. Volgens die jongste berigte is minstens nege mense dood en meer as 860 beseer.

Die sterkste aardbewing van 6,2 het 7 km van Ueki voorgekom, en die tweede sterkste van 6, het 5 km van Uto af voorgekom. In die stad Mashiki het meer as tien geboue ineengestort.

Verskeie kernkragsentrales kom in die gebied voor, maar nie een het skade opgedoen nie. Sowat 1 600 soldate is in die gebied ontplooi om slagoffers by te staan.

Bronne: USGS en Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.