Die asteroïde sal op ongeveer dieselfde hoogte verbyskiet as die geostasionêre satelliete, wat sowat 36 000 kilometer bo die aarde hang. Dit sal na verwagting op sy naaste punt aan die aarde oor Nieu-Seeland trek.
Die naderende asteroïde is op 31 Augustus vir die eerste keer deur ʼn waarnemerstasie in Arizona ontdek en die volgende nag deur ʼn sterrewag in Hawaii.
Die satelliet sal geen gevaar vir die aarde inhou nie. Dit sal ook nie met die blote oog gesien kan word nie, maar mense met kleinerige teleskope sal die vinnig-bewegende ruimterots moontlik kan raaksien.
Bron: Nasa
“Die satelliet sal geen gevaar vir die aarde inhou nie.” Satelliet of asteroïde. :)