Aarde kry Sondag besoeker uit ruimte

Grafika: NASA/Facebook

Grafika: NASA/Facebook

Die asteroïde, 2014 RC, wat byna so groot soos ʼn huis is, sal Sondag digby die aarde verbyskuur.

Die asteroïde sal op ongeveer dieselfde hoogte verbyskiet as die geostasionêre satelliete, wat sowat 36 000 kilometer bo die aarde hang. Dit sal na verwagting op sy naaste punt aan die aarde oor Nieu-Seeland trek.

Die naderende asteroïde is op 31 Augustus vir die eerste keer deur ʼn waarnemerstasie in Arizona ontdek en die volgende nag deur ʼn sterrewag in Hawaii.

Die satelliet sal geen gevaar vir die aarde inhou nie. Dit sal ook nie met die blote oog gesien kan word nie, maar mense met kleinerige teleskope sal die vinnig-bewegende ruimterots moontlik kan raaksien.

Bron: Nasa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nick ·

“Die satelliet sal geen gevaar vir die aarde inhou nie.” Satelliet of asteroïde. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.