Aarde ontvang weer besoeker uit ruimte

Die aarde kry Vrydag weer ‘n besoeker uit die ruimte. Die asteroïde, 1998 QE 2, gaan op ‘n afstand van sowat 15 keer die afstand van die maan by die aarde verbygetrek. Dié asteroïde se grootte is op sowat 2,7km deursnee geraam. Om dit in perspektief te stel, die hemelliggaam wat die Vroedefort-koepel se krater met ‘n deursnee van meer as 300km veroorsaak het was na raming tussen 5 en 10km in deursnee. Die Vredefortkrater is die grootste bevestigde impakkrater op aarde.

Volgens die jongste inligting sal die verbyvlug net met ‘n betreklike sterk teleskoop gevolg kan word.

QE 2 wentel elke 3,77 jaar om die son. Sy wentelbaan is baie ellipties, met sy verste punt in die asteroïdegordel, en sy naaste punt net buite die aarde se wentelbaan. Dit kom ongeveer elke vyftien jaar naby die aarde, en op 27 Mei 2221 sal dit ‘n aks nader aan die aarde verbybeweeg. Hierdie en die volgende nabye ontmoeting val saam met tye wanneer die aarde op sy verste van die son beweeg, bekend as die aphelion.

Volgens ‘n woordvoerder van Nasa gaan die asteroïde se verbyvlug baie deeglik gemonitor word om sy toekomstige roete baie sekuur te kan bereken.

Nasa is ook baie opgewonde om nou vir die eerste keer te kan presies hoe hierdie asteroïde lyk. Asteroïde met die vreemdste vorme al gevind.

Die deursnee van die asteroïde is nege keer die lengte van sy naamgenoot, die passasierskip die Queen Elisabeth II. Die twee se name het egter niks met mekaar te make nie – die asteroïde se naam is ‘n kode wat met die tyd en datum van sy ontdekking in 1988 verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.