Aarde skud in Namibië

(Foto: Argieffoto, Pixabay)

Namibië is Donderdag vroegoggend deur ’n aardbewing wat 4,3 geregistreer het getref.

Mahlatse Mononela, woordvoerder van die Raad vir Geowetenskappe (CGS), het bevestig die aardbewing is omstreeks 06:00 sowat 360 km noordoos van Kamanjab gevoel.

Die departement van mynbou en energie in Namibië het ook die aardbewing bevestig en gesê dit is deur ses seismiese stasies van die Namibiese Seismologiese Netwerk aangeteken. “Hierdie stasies is Windhoek, Kamanjab, Opuwo, Karibib, Aus en Gobabis,” sê die departement in ’n verklaring.

Volgens die departement blyk die diepte van aardbewing 15 km onder grondoppervlak te wees.

“Vier naskokke is ná die aardbewing gevoel. Die skokke se omvang het tussen 2,6 en 3,7 gemeet.”

Die departement gee die volgende wenke indien ’n aardskudding voorkom:

  • Indien jy binnenshuis verkeer, probeer na buite gaan – indien moontlik – of soek skuiling onder ’n tafel.
  • Indien jy buite die huis is, kry ’n veilige skuiling weg van geboue, bome of kraglyne.
  • Bly weg van vensters.
  • Pasop vir enige voorwerpe wat bo-op jou kan val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Waarnemer

Eish!!!Aardskudding in die woestyn?