Aardtuie om Mars gereed vir unieke komeet-besoek

'n Kunstenaarsvoorstelling. Foto: NASA/JPL-Caltech

‘n Kunstenaarsvoorstelling. Foto: NASA/JPL-Caltech

Voorbereidings is al weke gelede getref vir Sondag se verbyvlug van die komeet Siding Spring by Mars.

Die komeet, so groot soos ’n berg, sal net 139 500 kilometer van die rooi planeet verbyskuur, dus heelwat nader as wat die maan aan die aarde is. Dit is meer as tien keer nader aan Mars as wat enige bekende komeet nog aan die aarde gekom het.

Dit bied ʼn unieke geleentheid aan aardtuie wat om Mars wentel, en selfs op Mars se oppervlak is, om waarnemings van die ongewone verskynsel te doen. Dit is ook die eerste keer wat dié komeet naby die son gaan kom.

Wanneer die komeet op sy naaste aan Mars is, sal dit teen ’n haastige 56 kilometer per sekonde trek.

Nasa beskryf dit as ’n “wetenskaplike geskenkpakkie”.

Benewens die aardtuie wat om Mars wentel, sal Curiosity en Opportunity van Mars se oppervlak ook waarnemings daarvan doen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.