ABBA neem nuwe musiek op

Van links na regs is Benny, Anni-Frid, Agnetha en Bjorn in 1974. Foto: Olle Lindeborg/TT NEWS AGENCY via AP

Die uiters gewilde Sweedse popgroep, ABBA, het Vrydag aangekondig dat hulle vir die eerste keer in 35 jaar nuwe materiaal opgeneem het.

Volgens die groep het hulle twee nuwe liedjies, waarvan een “I Still Have Faith in You” getiteld is, opgeneem.

Dié popgroep, wat bestaan uit Agnetha Fältskog, Benny Andersson, Björn Ulvaeus en Anni-Frid Lyngstad, het amptelik in 1982 uiteengegaan, maar in 1986 vir die laaste keer saam opgetree.

’n Verklaring van die groep Vrydag het egter gesê hulle beplan ’n virtuele toer. “I Still Have Faith in You” sal na verwagting in Desember deur hologramme van die groep opgevoer word tydens ’n spesiale TV-uitsending deur die BBC en NBC. Die groeplede hou al lankal vol dat hulle nooit weer regstreeks saam sal optree nie.

Die groep was egter baie positief oor hul onlangse opnames. “Dit was asof tyd stilgestaan het en ons net op ’n kort vakansie weg was. Dit was ’n uiters vreugdevolle ervaring,” het hulle laat hoor.

ABBA het in 1974 die Eurovision-sangkompetisie gewen met hul treffer “Waterloo”, waarna ’n rits ander treffers soos “Dancing Queen”, “Mamma Mia”, “The Winner Takes It All” en “Take a Chance on Me” gevolg het.

Fältskog en Ulvaeus was getroud, maar is in 1979 uitmekaar terwyl Lyngstad en Andersson, wat ook getroud was, in 1981 geskei het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Ons droom drome, wens mooi jare toe, en dan tjank ons die dag as ons verneem ons ikone het opgebreek, elkeen sy eie pad gegaan. Party kom terug, dankie …. ons sal inspirasie uit julle put, nou en dan ‘n traan pink.

Paul ·

Terwyl ons by die ongelooflike musiek van ABBA stil staan, wie weet van die onderstaande wat geen mens mag misloop nie. Ons kan soveel daaruit leer. Kom ek haal aan, want dit is iets wat geen mens mag misloop nie, as jy dit misloop, sal jy soveel armer wees.

“When the island of Montserrat was devastated by hurricanes in 1997, producer George Martin organized this all-star benefit concert to help the people of the island rebuild their homes and their lives. Artists include Paul McCartney, Eric Clapton, Phil Collins, Sting, Mark Knopfler, Jimmy Buffett and Carl Perkins.” Carl Perkins was natuurlik die skrywer van die lied “Blue Suede Sues”.

https://www.youtube.com/watch?v=f_JwuGWCjE8

rollie ·

Kan jy nou meer, wereldklas. Youtube is darem ‘n goudmyn vir ou musiekvideos. Hier is byvoorbeeld The Seekers se 25 jarige herdenkingskonsert: https://www.youtube.com/watch?v=J_twh5alhxg Ek sien hulle het hulle 50 jarige herdenkingskonsert in 2014 in die Albert Hall in Londen gehou. Klas.

AD ·

Min weet dat ABBA vir die ANC geld gegee het in 80s/90s om in regering te kom. Gaan google dit

anton ·

Dit is nou interessant om te weet. Sou dit nooit kon dink nie.
Wys jou net, die Afrikaner het baie meer vyande gehad as wat ons gedink het en steeds ook nog het!!!
Moet se, ek is nou effens teleurgesteld in die groep. Hou baie van hulle musiek.
Die wereld het darm hulle neuse baie in S.A se doen en late gedruk!!!

Eish ·

Net toe ek lekker in Heimweestraat afloop!
Ek sal hul dit oorsien indien hul vir Akademia n skenking maak.

LB S ·

So, dalk sal hulle nou vir die DA geld gee om in regering te kom….. Moenie vergeet nie dat Apartheid ‘n baie lelike ding was, of ons dit nou wil erken of nie. Stel jou voor jy moet ‘n PASPOORT kry om, as jy in Kaapstad woon (en geregistreer is op jou pasboek), Johannesburg toe wil gaan om vir jou kinders te gaan kuier. Dink ‘n bietjie!

Willem ·

Ai man LB S , nou bederf jy die hele storie met die bysleep van politiek, skakel tog ‘n slag af en geniet liewers die musiek.

LB S ·

Willem, kyk bietjie na AD se kommentaar voordat jy MY sommer so beskuldig. Mag ek nie ‘n opinie hê nie? Dit is tyd dat die verkramptes regkom! Vergeet bietjie van die verlede en kom by!

CHRISTA ·

Ek wonder of hulle “nuwe” musiek in hulle “ou styl” geskryf is of gaan hulle ook maar net “rap” soos hierdie ander wat breindood klink en net een lyn of een woord kan onthou wat hulle op so ‘n doodse stemtoon herhaal en herhaal en herhaal!!! (G’n wonder meeste van hulle is op dwelms nie! You cannot cope otherwise!!!)

ian ·

Omdat hulle soos so baie mense mislei was, kyk wat gebeur nou in die einste Swede.

Francois le Cochon ·

“One a musician, always a musician”. Verskleie “bands” van die 60’s en 70’s maak nogsteeds musiek op die ouderdom van in hul 70’s. Merkwaardig!

Vermeendes ·

LBS, jy droom oor die vreeslike apartheid. Jy weet regtig nie waarvan jy praat en sluk gulsig aan die liberale propaganda.
Die onderdrukking waar onder jy nou gaan is presie waarteen apartheid gestaan het, dit het geboorte gegee aan tuislande en eie regerings wat nie vir jou em ny gegun word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.