Afgaanse span land in Amerika ná Trump ingryp

Foto: AP Photos/ Massoud Hossaini.

ʼn Span Afgaanse meisies wat aan ʼn robotics-kompetisie in Amerika gaan deelneem, het Saterdagoggend in Washington geland. Dit volg ná pres. Donald Trump op die laaste oomblik ingegryp het.

Dié Afgaanse span se visums is voorheen glo twee keer deur Amerika afgekeur. Die situasie het internasionale mediadekking gekry en Trump het ingegryp en hulle sonder visums die land laat binnekom.

Die ses meisies het vroeg Saterdagoggend by Washington Dulles Internasionale Lughawe geland ná hul reis van Herat in Afganistan.

Hulle is by die lughawe begroet deur Afganistan se ambassadeur in Amerika.

Die meisies sal van Sondag af aan ʼn drie dae lange robotics-kompetisie deelneem.

Alice Wells, waarnemende spesiale gesant vir Afganistan en Pakistan in Amerika, het gesê die meisies is ’n simbool van Afganistan se prestasie om met behulp van Amerikaanse en globale bystand die rol van vroue in die Afgaanse samelewing te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Dit is hoe n regte land regeer word deur n leier wat weet hoe om te regeer ,stortkop kan by President Trump leer…….nee dit sal nie werk nie om te leer het jy iets nodig wat stort kop nie het nie

Kom Ons Boks ·

Die Donald bewys weer hoekom hy die leier van die Vryewereld is. Goeie werk Meneer die President, goeie werk!

MissDemeanor ·

Almal hier bo prys vir Donal Trump, en dis goed en wel dat almal hul oppinie kan lug. Maar lyk my meeste mense ( wat hier bo kommentaar gelewer het) mis ‘n baie belangrike punt. ‘n Groepie tiener meisies van Afghanistan neem deel aan ‘n internationale robotika kompetisie! Welgedaan vir jong meisies oor die algemeen wat nie juis van jongs af aangemoedig word om wiskunde, wetenskap of ingeneurswese te beoefen nie. Kyk maar net watter speelgoed word bemark aan seuns en wat aan meisies. Robotte en ruimtetuie vir seuns, tee stelle en kombuis goed vir meisies. Dat hierdie meisies uit Afghanistan uit kom maak dit alles nog meer merkwaardig. Dit was volgens my Trump se eerste goeie besluit. En moet my nou nie raporteer of my kommentaar blok nie want ek beledig niemand nie en Maroela Media wil graag vir almal die kans ge om hul mening te lug mits dit beskaafd bly.

MissDemeanor ·

Die feit dat hul visas meer as eenkeer afgekeur is wys net hoe onregverdig die sisteem is en hoe daar onregverdiglik teen mense gediskrimineer word. Waarom sal iemand nou n klomp jong skoolkinders wat ‘n merkwaardige prestasie behaal het blokkeer om deel te neem aan ‘n kompetisie? Buitendien het Amerika n en Nato ‘n masiewe gemors gemaak in n hele klomp lande ( dink maar aan Libya, en ja dit was ten tyde Hilary Clinton en Barak Obama). Maar nou verban Trump ook mense afkomstig uit die lande wat deur Amerika en Nato opgevoeter is. So ja Afghanistan is nie eers op daardie lys nie maar daar word ook teen hul gediskrimineer. So die feit dat hy ingegryp het is great, maar dis net n PR stunt want hy gryp nie in vir ander mense teen wie daar gediskrimineer word nie.

anton ·

Miss D….. Jy hoef nie van Pres. Trump te hou nie want daar is gelukkig baie mense wat van hom hou en so ook die meerderheid in Amerika, daarom het hy President geword.
My vraag is? Hoekom wil jy jou kop breek oor wat Amerika en hul President doen want dit het eintelik niks met ons te doen nie. As hulle verkies om terroriste ens. uit hul land te hou dan is dit goed vir hulle.
Hoekom lewer jy nie eerder bietjie kommentaar oor ons cANCer en nr. 1 wat nie eers behoorlike kan tel nie? Dink eerder S.A. het werklik GROOT probleme!!!

anton ·

En nog n ietsie miss D.
Van diskriminasie en onregverdigheid gepraat. Het jy al opgemerk en gesien hoe word daar teen die blankes in S.A gediskrimineer en al die onregverdigheid teen ons volk en mense?
Is jy werklik bewus van wat hier aangaan? of is ander lande se doen en late meer belangrik?
Net iets om oor na te dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.