Afgesonderde stam skiet ‘sendeling’ met pyle dood

John Allen Chau was ’n avonturier wat lief was vir die natuur Foto: Facebook

Een van die mees afgesonderde stamme ter wêreld het ʼn Amerikaner wat hul beskermde eiland betree het om hulle tot die Christelike geloof te bekeer, met pyle doodgeskiet en sy liggaam begrawe.

John Allen Chau het na bewering plaaslike vissermanne betaal om hom onwettig na die Noord-Sentineleiland in die Golf van Bengale, sowat 1 300 km oos van die Indiese subkontinent, te neem.

Die stam jagter-versamelaars van tussen 50 en 150 siele het al voorheen besoekers om die lewe gebring wat dit op hul eiland gewaag het, berig die Nederlandse koerant Reformatorisch Dagblad.

Enkele ure voor sy dood het hy in ʼn brief aan sy ouers geskryf hy wou “Jesus verkondig” aan die stamlede en dat hulle nie “vir die Sentilese of die Here moet kwaad wees as ek om die lewe gebring word nie”, berig The Guardian.

Die 27-jarige is deur ʼn vlaag pyle getref kort nadat hy Vrydag aan land gegaan het op die Noord-Sentineleiland, deel van die Nicobareilande, waar die 30 000 jaar oue stam buitestanders aggressief weghou omdat hulle hulle vrees nadat die Britse koloniale owerheid plaaslike stamme destyds feitlik uitgewis het.

Chau het die stam verlede week op ʼn opvolgbesoek aan die gebied probeer kontak en hul eiland die dag voor sy dood die eerste keer bereik. Hy het probeer om hulle geskenke van vis en ʼn voetbal te gee, het hy in sy dagboek geskryf, en vertel hoe hy hulle die Donderdag probeer nader het.

My naam is John, ek is lief vir julle en Jesus is lief vir julle.

“Ek het geskree: ‘My naam is John, ek is lief vir julle en Jesus is lief vir julle.’ Ek is spyt dat ek ʼn bietjie paniekerig geraak het toe ek sien hoe hulle hul boë styfspan. Ek het die vis opgetel en dit na hulle gegooi. Hulle het aanhou nader kom.”

Chau skryf hoe hy om lewe en dood in ʼn kajak geroei het om terug by die boot te kom. “Ek het vrees ervaar, maar ek was veral teleurgesteld omdat hulle my nie dadelik aanvaar het nie.”

Hy het die vissermanne sowat R5 000 betaal om naby die eiland anker te gooi, waar hy oornag het tot hy die volgende dag weer na die eiland sou gaan, het hy in ʼn brief aan sy ouers geskryf.

“Julle ouens dink seker ek is mal, maar ek dink dis die moeite werd om Jesus aan dié mense te verkondig,” het hy geskryf.

Dis onwettig vir besoekers om foto’s of video’s van die Sentinelese te neem, van wie na raming minder as 100 oorgebly het. Foto: Indiese Kuswag

Nadat hy sy dagboek en die brief aan sy ouers vir die vissermanne gegee het, is hy terug na die eiland met sy kajak. Die vissers het later aan die polisie vertel hulle kon sien hoe die stam sy liggaam wegsleep en begrawe.

Sewe mense, onder wie vyf vissermanne, is in hegtenis geneem omdat hulle Chau gehelp het om die eiland sonder toestemming te besoek. Die Indiese regering het wel onlangs die verbod op besoeke aan Noord-Sentineleiland opgehef, maar besoekers moet vooraf toestemming by die owerheid kry, berig Deutsche Welle. Die stam laat egter niemand op die eiland toe nie.

Die Indiese regering sê dit kan enkele dae duur om die Amerikaner se oorskot van die eiland te verwyder nadat ʼn skip en helikopter gestuur is om sy graf op te spoor. Antropoloë en staatsamptenare gemoeid met inboorlinge se welstand sal deel uitmaak van die poging om op die eiland aan land te gaan.

Chau se familie het op Instagram geskryf hulle vergewe diegene wat na bewering vir sy dood verantwoordelik is. “Hy was lief vir die Here en die lewe, en het graag mense in die nood gehelp. Vir die Sintelese het hy niks anders as liefde gevoel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nettie ·

Nee wat, dié ou het ‘n doodswens gehad.

Daar is geen logika verbonde daaraan om die Evangelie aan ‘n inboorlingstam – wie reeds daarvoor bekend is dat hulle Westerlinge verafsku en sal doodmaak – te gaan probeer verkondig nie.

Hierdie mense lewe volgens hul eie, eenvoudige, tradisionele reels en het geen erg of noodsaaklikheid om Christenskap naastenby eens te oorweeg nie.

Sendeling ·

“He is no fool who gives what he cannot keep to gain that which he cannot lose…” – Jim Elliot

RHG ·

Respekteer daardie mense se wil om geïsoleerd te lewe.
Sodra die “beskaafde” wêreld ‘n vastrap plek kry, bou hulle ‘n hotel.

Racheltjie ·

Hy het gedoen wat sy oortuiging was en met sy lewe geboet…is dit nie maar die absolute gehoorsaamheid wat Jesus van ons, wat in Hom glo, verwag nie?

Dissipel ·

Ja, dit is presies wat Jesus van ons as Christene verwag. Hierdie man gaan ñ ewige kroon dra by ons Abba vir sy opoffering en gehoorsaamheid.

Wenner ·

Amen. Hy het sy lewe gegee vir Jesus. Hy het geweet dat die moontlikheid bestaan dat hy dalk nie lewendig daar gaan uitkom nie, daarom die briewe aan sy ouers. Ek salueer hom! Onthou, dit staan ook in die Bybel dat die Wederkoms nie gaan plaasvind voordat ELKE ENKELE mens die geleentheid gehad het om van Hom te hoor nie.

Estelle ·

Nee, daar word verwag om in vrugbare grond te saai.

Daardie stam is beter af sonder indringers van buite! En in elk geval leer die bybel dat ongeag of jy die “goeie boodskap” gehoor het / al dan nie, het Abba genoeg tekens in die natuur gesit sodat almal, hoe afgesonder ookal sal weet dat daar ñ Skepper is.

Theresa ·

Kombinasie van dapperheid en sterk oortuiging om die saligheid te verkondig en dan ‘n wreedheid wat nog toegelaat word. Is daar nog iewers sulke eilande?

Denise ·

Hulle het hulle eie manier van lewe en is gelukkig in die natuur !!!

Peter Holmes ·

Dit laat my terugdink aan David Livinsgtone. Hy het blykbaar in 10 jaar net twee siele in Afrika bekeer. Dink net hoe moedeloos hy was

Ekwilibrium ·

Hy’t gegaan om die Woord te verkondig; ‘n eerbare gebaar. Maar saam met die Woord kom ander ook en bring Westerse siektes waarteen hiedie mense geen weerstand het nie, alkohol, dwelms, prostutisie… Hoekom het die Indiese regering die verbod op toegang na die eiland opgehef? Want hulle besef hulle geld maak met só ‘n ongerepte tropiese paradys! Lós daardie handjievol mense in (hulle vorm van) vrede!

Skerpioen ·

“Gaan en verkondig die Woord aan al die uithoeke van die wêreld”… Vir die wat dalk Maroela en Face Book meer lees as die Bybel….

Helene Heyns ·

Stem saam Skerpioen en hierdie jongman het nou klaar die ewige lewe be-erwe waarvoor ons nog hoop.

Andre ·

Ek dink hulle is bang die ANC kom soontoe en dan moet hulle hul sorgelose eiland lewe opgee en dan belasting betaal om vir die politici se luukse huise, bote, lyfwagte, duur duitse motors ens te betaal.

Ek weet nie ·

Wow Wow Wow!!!! Eer aan Jesus vir wat hy gedoen het, want hy sal sy kroon by Hom ontvang – Jesus se woorde. Skande en vergifnis vir die res van ons wat nie God se woord leef soos Hy se nie. Skaam onsself om ons kinders van God te noem en so iets of persone te oordeel op grond van hul aksies! Wanneer die dag van judgement verby is en daardie mense verlore staan en huil van pyn, wat gaan ons hulle antwoord as hulle vraag is – hoekom het julle my nie van Jesus vertel nie???? Wat gaan ons vir Jesus antwoord as Hy vir ons se, Ek ken jou nie, want jy het nie gaan leef en doen wat Ek vir jou in My woord gese het nie?? Asseblief mense as jy jouself ‘n kind van God noem, dink hieroor na en repent terwyl daar nog tyd is en verander!!! Mag God ons genadig wees vir alles wat ons net uiter en so as vanselfsprekend ag.

ZAR ·

Vir diegene wat dink hierdie is malligheid sal ek aanbeveel om die fliek End of the Spear te kyk.

Sê maar net 1 ·

Miga 4 vers 5: “Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos.”

Hennie ·

Natuurlik moet ons die blye boodskap verkondig. Ek dink ook ons kan soms meer kreatief te werk gaan as om net so oop en bloot in die leeu se hok te klim. En dalk moet ons almal saam staan in gebed totdat ons deur raak kry vir daardie mense.

TS ·

OK. Hy Koop mense om dat hulle reels moet oortree en julle prys hom. Hy wil sy eie oortuigings op ander gaan afdwing. Ek dink regtig hy het moeilikheid gesoek.

Nee ·

Nee TS, hy dwing nie sy oortuigings af teenoor ander nie, hy het die hoop en liefde van die enigste ware God gekry – Jesus en hy wou he hulle moet dit ook kan he en beleef. Dieselfde wat ons vir jou wil doen, jou vertel van hom, want ons is watchmen on the wall soos Jesus se en moet vir ander vertel van hom sodat daar repentance kan kom, want as ons dit nie doen nie is jul bloed op ons hande. Die goeie nuus van Jesus is waar, as dit nie is nie hoekom is satan so besig in elke movie en fantasy boek? Daar is nie iets soos fantasy nie, dis die okult gaan lees Rebecca Brown se boeke I came to set the captives free en die ander drie daarna dan sal jy uit bekerings van sataniste hoor hoe werk hulle en word hulle mislei. Daar is een God Jesus Christus en daar is een enemy satan – die draad waarop ons sit as ons in niks wil glo nie behoort ongelukkig ook aan satan. Daar is nie ‘n grey tussenin nie, ons kies die een of die ander al besef ons dit of bedoel ons dit nie so nie. Mag Jesus met jou begin praat in jou drome en jy Sy stem en invloed in jou lewe begin sien, want Hy is oneindig lief vir jou en het jou beplan en gemaak omdat Hy jou lief het!!!!

Hendrik van George ·

Die man het ‘n bespotting gemaak van die Christelike geloof. Snaaks dis altyd Amerikaners wat die evangelie op absurde ekke wil verkondig – 1 gevang in Noord Korea met Bybels, nou diè man op ‘n afgeleë eiland. Los tog mense in vrede asb……

johan ·

nee wat die man het gaan krap waar dit nie pla nie regtig so onnodig gewees ek hoop die mense wat sy kop so omgekrap het word aan gekla vir moord te veel van ons kinders word vandag mis lei en besteel deur om die bybel te gebruik GOD het ook vir ons n verstant gee wat ons moet gebruik

Stephan de S ·

Die man , sou ek se , was n naiewe “fanatic” wat die prys daarvoor betaal het. In die vroee kerk toe ,wrede vervolging nog die in ding was, moes die leierskap op n stadium die jonges waarsku om nie met opset hul lewens in gevaar te stel nie. Vir sommiges het dit romanties gelyk om so hul geloof te bewys. Nerens vind ek enige aanduiding dat die Vader hom opdrag gegee het om dit te doen. Mens ontvang nie die ewige op grond van eiesinnig bravade nie maar slegs op grond van geloof in Jesus Christus.

Blommie ·

sy idee was baie goed gewees!
Maar my logieka wil vir my se hoe komminikeer jy met hulle en tweedens kan hulle ooit lees om die woord te verstaan!

BB ·

Het hierdie jong man nie aan sy familie gedink voordat hy sy lewe gegee het vir sy geloof nie.
Dit is net so erg soos wanneer jy van ‘n krans wil afspring en se jy sal lewend anderkant uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.