Afrika-premier ontvang Nobelprys vir Vrede

Premier Abiy Ahmed. Foto: (AP Photo/Francisco Seco, file)

Pres. Cyril Ramaphosa het Abiy Ahmed, premier van Ethiopië, Vrydag gelukgewens nadat hy die Nobelprys vir Vrede vir 2019 ontvang het.

Die Nobelkomitee het die prys aan Ahmed in Swede toegeken vir “sy pogings om vrede en internasionale samewerking te bewerkstellig en veral vir sy beslissende optrede om die grenskonflik met die naburige Eritrea op te los”.

Die 43-jarige Ahmed is in April 2018 as premier aangewys.

Ramaphosa het gesê dié prys fokus wêreldwye aandag op die kontinent se meedoënlose vordering tot vrede en stabiliteit.

“Ons bring hulde aan die regerings en mense van Ethiopië en Eritrea wat hierdie prestasie moontlik gemaak het en vir die vestiging van nuwe moontlikhede vir samewerking, integrasie en ontwikkeling, nie net aan die ooskus van ons kontinent nie, maar oor ons hele kontinent.”

Die Nobelkomitee het gesê hy hoop die prys sal premier Ahmed versterk in sy belangrike werk vir vrede en versoening.

“ʼn Vreedsame, stabiele en suksesvolle Ethiopië sal baie positiewe gevolge hê, en dit sal bydra tot die versterking van broederskap onder nasies en volke in die streek.

“Met die bepalings van Alfred Nobel se wense ten volle in gedagte, beskou die Nobelkomitee Ahmed as die persoon wat die afgelope jaar die meeste gedoen het om die Nobelprys vir Vrede vir 2019 te verdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stephen ·

Hoe siek is die wereld nie. Christene word steeds vervolg in Ethiopia.

AB ·

Ja! En sy mense sterf op strepe van die honger, maar hulle sterf seker in vrede? Van daar die toekenning!

Kobus ·

Ek was in Julie 2019 vir sake in Ethiopia. Ek was verras deur hul ekonomiese krag van die land. Heelwat SA besighede is aktief daar, veral in die landbousektor. Daar is wel arm mense, maar ek weet nou nie van mense wat “op strepe van honger sterf” nie. Twintig jaar gelede was dit wel die geval wees droogte en ou landbou tegnieke. In die hoofstad is die mense vriendelik en beskaafd en daar was geen opstande en xenofobia soos in SA nie. Baie skoon omgewing. Die Saterdag en Sondag het was die Christen kerke vol. Die land se Christen geskiedenis strek oor baie eeue. Dit het ek in museums gesien. ‘n Vinnige Google oefening sal jou wys dat 62% van die bevolking Christene is. Daar is ook baie Moslems en hulle geniet geloofsvryheid soos al die ander gelowe. Premier Ahmed is waarskynlik ‘n Moslem. Gaan besoek gerus die land. Terloops, hulle nasionale lugdiens is die grootste in Afrika en kan dalk die SAA oorneem. Ek wens SA kon Ahmed as president aanstel. Jy sal lekker daar woon.

Kallie ·

Stephen, jy is totaal verward. Ethiopa is oorwegend Christelik.

Rupert Ashford ·

Seker maar die beste van ‘n swakkerige lys van kandidate. Moes weer gedeel gewees het dink ek – vrede maak kom van twee kante af.

Lood Kurkprop ·

n Sekere persoon het in 1993 die Nobel prys vir vrede ontvang…maar is eers in 2008 van die FBI se “Terrorist Watchlist” afgehaal.

Marthinus Willemse ·

Vrede is net `n doel waarna gestreef word. Om dit te bereik verg `n proses; `n onophoudelike, daaglikse, doelbewuste aksie. En selfs al bereik jy vrede, moet daar gedurig aan gewerk word om dit lewend te hou.

Ek is bly vir die Ethiopiërs, dat `n Sweedse dogtertjie wat in luukses leef dit nie gekry het nie. Alfred Nobel het in `n brief aan sy vriend, barones Bertha von Suttner (wat die Vredesprys in 1905 ontvang het) geskryf: “Die Prys vir Vrede moet net vir dertig (30) jaar toegeken word, want as Europa in daardie tyd nie vrede kon skep nie, sal dit terugval in barbarisme.”

Iemand wat die prys al oor en oor verdien het, is Wladimir Poetin. Toe hy president word in 2000, het `n horde kernduikbote en –skepe in hawens lê en roes. `n Kernongeluk van `n duisend Tjernobils het gewag om te gebeur. Toe bring hy wetenskaplikes van Duitsland in, om hierdie verroestende kernreaktors in hoogs geheime Russiese militêre installasies, te help opruim. Dit is `n lang proses, maar `n kernramp is verhoed. (Ons kan spekuleer dat, sou die kernramp gebeur het, Swede en Noorweë vandag moontlik nie meer bestaan het nie.)

Tsaar Nikolaas II is in 1901 genomineer vir die Vredesprys, vir die Den Haagse Vredeskonferensie, met die doel om die wapenwedloop te beëindig, en om `n organisasie te skep waardeur internasionale dispute vreedsaam opgelos kon word.
Angela Merkel, Francois Hollande en Poetin verdien dit ook vir die Minsk-ooreenkoms.

peet ·

Goeie keuse. Defnitief nie die hoë profiel van ‘n Obama, wat dit eintlik net vir politiese redes gekry het.
As jy onlangse berigte nagaan is daar ‘n defnitiewe ommekeer in daai streek.
Me Thunberg – miskien het die organiseerders die geweldige georkestreerde “roadshow” net so min as ons waardeer. Sy is terselfdertyd “misbruik” deur die wêreld se toujie trekkers (lees geld).
Welgedaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.