‘Afrika se rykste vrou’ ʼn verdagte in ondersoek

Isabel dos Santos. Foto: (AP Photo/Paulo Duarte)

Isabel dos Santos, wat as Afrika se rykste vrou gereken word, is amptelik ʼn verdagte in ʼn ondersoek na wanbestuur en verdagte transaksies in haar tyd by Angola se staatsbeheerde oliemaatskappy.

Die berugte voormalige presidentsdogter is al telkemale deur Forbes as die rykste vrou in Afrika aangewys.

Helder Pitta Gros, prokureur-generaal van Angola, se aankondiging dat Dos Santos ʼn verdagte in die ondersoek is, kom net dae nadat ʼn internasionale mediakonsortium haar beskuldig het van korrupsie en uitbuiting in die verkryging van haar fortuin wat op $2 miljard geraam word.

Dos Santos ontken egter dat sy enigiets verkeerd gedoen het. Volgens die Angolese owerhede is hulle reeds besig om met ander lande te skakel vir hulp in verband met die ondersoek.

Die Portugese bank EuroBic het vroeër die week aangekondig dat hy nie langer sake sal doen met maatskappye en individue wat met Dos Santos, sy hoofaandeelhouer, verbind word nie. Dos Santos het intussen haar aandeel in die bank verkoop.

Die bewerings wat die ondersoek tot gevolg gehad het, is gegrond op meer as 700 000 dokumente, insluitend finansiële verslae, wat deur Platform to Protect Whistleblowers in Africa, ʼn voorspraakgroep in Parys, verskaf is en wat sedertdien as die Luanda Leaks bekend staan.

Jose Eduardo dos Santos, Isabel se pa, het Angola vir 38 jaar regeer tot 2017. Menseregtegroepe het hom lank daarvan beskuldig dat hy staatsgeld tydens sy bewind in sy sak gesteek het. Hy het voor sy uittrede sy dogter as die hoof van die staatsbeheerde oliemaatskappy Sonangol aangestel.

ʼn Hof in Luanda het in Desember van Isabel dos Santos se grootste bates gevries, insluitend ʼn bank en ʼn telekommunikasiemaatskappy.

Die regering sê hy probeer $1,1 miljard van Dos Santos, haar man en ’n hegte familielid verhaal wat die land verskuldig is.

Dos Santos het gesê die regstappe teen haar is ’n “heksejag” wat deur amptenare wat haar pa vervang het van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wow

Wow ek si sprakeloos, ek wil maar net sê “Isabel $2 Miljard het darem seker nie uit die lug geval nie. Met Pa as President kan jy beter doen as ander, maar darem rykste in Afrika……… sonder korrupsie dit wil gedoen wees, skryf ‘n boek dat ons kan leer!

Stephen

About time. This woman under the protection of her father stole billions of Dollars from Angola over decades. The State owned Endiama Diamond Company for one. I personally witnessed the loading of wooden crates full of Diamonds at the 4 de Fevereiro Airport in Luanda in the late 90’s supervised by her and her family members. She plundered the State owned Oil Company Sonangol over many years. Sorry Madam you claim you have done nothing wrong. No ordinary Citizen can amass such wealth in 10 lifetimes, and that from one of the poorest (Rich in resources) countries in the world.… Lees meer »

Lou

Dit is die tipiese Afrika mentaliteit. As jy die president is dan sorg jy dat al jou familie deel in die lekker vet roompies wat afgeskep word. Eintlik is dit nie eers nuuswaardig nie want dit is die normaal in SA.

Esta

Gebede word verhoor!!!!!

marous

Darem snaaks dat almal wat stinkryk word in afrika , hul vuil kloue in die staat se beursie het .