Afrikalande stuur vredesending na Oekraïne, Rusland

Kombinasiefoto van Oekraïense president Wolodimir Zelenski (links) en Russiese president Wladimir Poetin (regs) (Foto: Verskeie bronne/AFP)

Ses Afrika-leiers beplan om “so gou as moontlik” na Rusland en Oekraïne te reis om te help om ʼn oplossing vir die oorlog te vind, het president Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê.

Volgens hom het Russiese president Wladimir Poetin en Oekraïense president Wolodimir Zelenski “saamgestem om die sending en die Afrika-staatshoofde, in Moskou en Kiëf te ontvang”.

Ramaphosa het gesê hy het oor die naweek “afsonderlike telefoonoproepe” met Poetin en Zelenski gevoer, waar hy ʼn inisiatief deur Zambië, Senegal, die Republiek van Kongo, Uganda, Egipte en Suid-Afrika voorgelê het.

“Ek het saamgestem met beide president Poetin en president Zelenski om met voorbereidings vir onderhandelinge met die Afrika-staatshoofde te begin. Ons hoop ons sal intensiewe besprekings hê,” het hy gesê tydens ʼn perskonferensie in Kaapstad tydens ‘n staatsbesoek deur die Singapoerse premier Lee Hsien Loong.

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, en die Afrika-Unie (AU) is ingelig oor die inisiatief en het dit verwelkom, het Ramaphosa bygevoeg.

Hy het nie ʼn spesifieke tydlyn vir die besoek of ander besonderhede gegee nie, en het slegs gesê dat die konflik tot dusver “verwoestend” is en dat Afrika “ook baie daaronder ly”.

Afrika-lande is erg getref deur stygende pryse van graan en deur die impak op wêreldhandel.

Die aankondiging kom ʼn dag nadat Ramaphosa aangedui het Suid-Afrika was onder “buitengewone druk” om kant te kies in die konflik, ná beskuldigings van die Verenigde State dat Pretoria wapens aan Moskou verskaf het – ʼn stap wat verklaarde neutraliteit sou breek.

“Versigtige ondersteuning”

Die sending sal die jongste wees in ʼn reeks – tot dusver onsuksesvolle – diplomatieke pogings om die oorlog tot ʼn einde te bring.

ʼn Chinese spesiale afvaardiging sal na verwagting Dinsdag vir ʼn tweedaagse besoek in Kiëf aankom om Beijing-geleide vredesonderhandelinge te bevorder.

Guterres het verlede week aan ʼn Spaanse koerant gesê vredesonderhandelinge was “nie moontlik op hierdie oomblik” nie, met beide kante “oortuig dat hulle kan wen”.

Maar Ramaphosa het gesê die Afrika-inisiatief het “versigtige ondersteuning” in Washington en ʼn aantal Europese hoofstede gekry wat deur “bemiddelaars” besoek is met die opdrag om die plan voor te lê.

Die poging kan Pretoria help om sy beeld as ʼn neutrale speler en bemiddelaar te herstel, in die lig van beskuldigings dat dit na Rusland neig.

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër was Maandag in Moskou om militêre samewerking te bespreek, in die jongste van ʼn reeks voorvalle wat kritici aanhaal as bewyse van ʼn neiging na die Kremlin.

Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het verlede week aangevoer dat die Verenigde State glo dat wapens en ammunisie aan boord ʼn Russiese vragskip gelaai is wat in Desember by ʼn Kaapstadse vlootbasis aangedok het.

Ramaphosa het Maandag gesê Suid-Afrika sal nie “betrek word in ʼn stryd tussen wêreldmagte” nie, ten spyte van die “buitengewone druk” om dit te doen.

“Ons aanvaar nie dat ons nie-geallieerde posisie Rusland bo ander lande bevoordeel nie. Ons aanvaar ook nie dat dit ons verhoudings met ander lande in gevaar moet bring nie,” het Ramaphosa in ʼn weeklikse presidensiële nuusbrief geskryf.

Suid-Afrika het geweier om die konflik in Oekraïne te veroordeel, wat Moskou grotendeels geïsoleer het op die internasionale toneel, en het gesê dit wil neutraal bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Sobymykoolkop ·

As een blinde die ander blinde lei val altwee in die sloot.

Marthinus W ·

Ons is Afrikane. Die huidige regeerders in Afrika is n ander spesie as hul voorgangers. Tye verander, en Afrika is besig om die koloniale juk af te gooi – wat Amerika en Frankryk insluit. Enige poging tot vrede moet ondersteun word. [Josip Borrel het verlede week in n Spaanse program gese die oorlog sal onmiddellik stop die oomblik wat die Weste ophou om aan Oekraine wapens te verskaf.]

Errol ·

Hulle gaan seker vir hulle ou maat kuier in Rusland en sal dan in Oekraine gaan bedel !

tweeling ·

Oekraine soek sy grond terug en basta, julle mors net geld en tyd. Cyril jou land het jou nodig hou op wegvlug van jou verantwoordelikhede. Zelenski het sy trots en soek sy grond terug.

Marthinus W ·

Zelenski is die hoogsbetaalde akteur. Amerikaners praat dat hulle dalk teen Julie nie meer geld gaan he om hom te help nie. Indien n prez soos Trump volgende jaar die verkiesing wen, gaan hulle in elk geval ophou geld inpomp. Oekraine gaan nie hulle grond terug kry nie.

andre ·

Die Biden administrasie , wie se leier deur n klomp ryk Jode beheer word ,is die oorsaak van hierdie oorlog wat in 2014 begin het. VSA se banke speel bankrot en die enigtste uitweg wat hulle het, is om skuldvlakke ,wat hul reeds nie kan nakom nie,te verhoog . Zelensky ,Biden,die Plandemie en Mandela is deur dieselfde mense geskep om hulle persoonlike rykdom massief op te stoot. Dan wil die VSA ook vyandig teenoor China optree ,Die wyse manne van die Ooste is reeds in beheer!

Boatsie ·

Ramaphosa praat so in sirkels dat hy homself al in ‘n hoek ingepraat het .
Dink hy in elk geval ons land is so belangrik dat iemand na hom gaan luister.
Hy moet sy prioriteite regkry en los maar ons weermag hier uit voor die wêreld lag vir ons.

Marthinus W ·

Hoeveel Suid-Afrikaners het die Nobel Vredesprys ontvang? Ons het nogal “clout” wat dit betref. Ons is nie so onbelangrik nie.

annie ·

Afrika ken nie die ingewikkelde geskiedenis van Rusland nie. Wat is vrede? Hierdie is net ‘n aandagtrekker. Afrika ken self nie eens rus nie. Daar is op ‘n hele paar plekke onrus en die inwoners kan self nie op eie werf hondhaaraf maak nie. Zelensky sal dit geniet. Binnekort volg ‘n heerlike vakansie hier vir die filmspan. Nou kan die piramides, leeus en die Namib ook in die epiese storie pryk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Net so! Amerika sal enige vredespoging torpedo nog voor dit begin het. SA krap op plekke waar dit nie juk nie.

ES ·

Hoe lekker lag ek nou – ons president kan nie eers onenigheid in sy eie land uitsorteer nie maar hy wil vredesending na Okraine en Rusland stuur… Die absurditeit daarvan is skreeusnaaks!

George ·

Zelenski het almal n lap voor die oe gegee, albei lande soek oorlog, ou Zelenski soek wel net meer aandag uit dit uit

Kaptein ·

Huh hulle wil wat doen. Hulle kan hulself nie eers help nie.

Lourens ·

Watter geloofwaardigheid dink hierdie narre het hulle, behalwe in hulle eie oë? Hulle kan nie die spreekwoordelike drinksessie in ‘n brouery reël nie, laat staan nog bemiddel tussen vreemde moondhede.
Nóg Putin, nóg Zelensky gaan hulle enigsins aan hierdie klomp steur. Dis bloot diplomatieke protokol om hulle te ontvang, fotos te neem en hulle terug te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.