AGHS nié weens swak opvoeding of modegier

Kind_huiswerk.jpg

Foto: kidspot.com.au

Aandagafleibaarheid saam met hiperaktiwiteit (AGHS, in Engels ADHD) is nie maar stoutigheid, die gevolg van swak opvoeding of ʼn modegier nie, maar weens ’n ontwikkelingsversteuring.

Só berig ’n internasionale span wetenskaplikes in die vaktydskrif, The Lancet Psychiatry, nadat hulle by die Universiteit van Nijmegen altesaam 3 200 skanderings wat van die breine van mense geneem is, bestudeer het, en vasgestel het dat sekere dele van die brein van veral kinders met AGHS kleiner is as by ander.

By volwassenes is die verskille nie so opvallend nie, en blyk die probleem eintlik ontgroei te wees.

Die dele van die brein wat geraak word, is die deel waar gevoelens gereguleer en herken word. Nog ’n deel wat geraak word, is die deel waar beloning en straf ervaar word, met die kinders wat geraak word wat eerder ’n klein beloning op kort termyn, as ’n groter beloning op langer termyn sal neem. Nog ’n deel verklaar die slegte ontwikkeling van emosie en motivering.

Volgens wetenskaplikes van dié vaktydskrif is die navorsing ʼn deurbraak en sal dit voortaan ʼn pad vir nuwe navorsing plavei.

Lees die volledige studie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piet Pompies ·

Ouers moet baie nouer saamwerk met die onderwysers veral as leerprobleme voorkom. Vanaf kleuterskool dae want die meerderheid probleme kan dan reg gestel word en die kind kan ‘n suksesvolle skool loopbaan voltooi.
Ek kan nog onthou hoe ‘n juffrou in Sub A ‘n Shatterproof liniaal stukkend op my hand geslaan het, die rede daarvoor weet ek tot vandag toe nie…..

sieter ·

ouers moet hulle kinders van babatyd regvoer. gaan maar terug en oortuiging jouself. kinders wie reg eet, kom sonder probleme deur die lewe. dus die “fussy eaters” wat altyd probleme het. as due pediater klinieksuster jou ma en die groot sibdebok Google jou se omnien kind te dwing om te eet nie, vertel hulle gerus jou kind het ook nie middagete, ontbyt of aandetegisteraand geeet nie. moenie net nog n lepel pap in sy bottels gooi nie.

liga ·

hier Pratt JY meter sin as wat by ooit sal weer sieta. ek us nou nog n fussy eater en alles wat verkeerd kan wees is verkeerd met my. as my ouers net meer tyd aan my spandeer het maar wat is makliker? gee n kind sy sin dan pla hy nie.

Wouter ·

Kinders wie reg eet kom nie beter deur die lewe nie “sieter”. As onderwyser en ouer kan ek getuig hiervan. Om gesond te eet is deel van goeie gesondheidswaardes, maar glo my baie kinders wat ek ken het geleef van pap en brood daagliks en ek weet van talle wat bo uitgekom het. Hul het die regte keuses uitgevoer.

Asjas ·

Ek het van swangerskap af alles reg gediwn. Al 3 my kinders het alles ge-eet wat jy op hul borde sit. Mense het gereeld kommentaar gelewer oor my kinders wat alles van broccoli tot spinasie en lewer eet. Ek het hul nie forseer nie. Al 3 ADD gehad. Een was nog linkshandig ook. Ek wat die “fussy” eter tot vandag toe is kan spog met bogemiddelde IK. Skool was hel vir hulle want hulle dink en doen anders as die massas. Hulle is meer kreatief en is beter met “thinking outside the box”. Van kleintyd af is hulle betrokke by speelgroepies, bal speletjies en wie weet wat alles gewees om ontwikkeling te stimulleer. Ek was in trane toe my oudste met ADD gediagnoseer is deur Pediatriese Neuroloog. En ek noem dit want ons was voor dit by huis dokter, speel terapeut, musiek terapeut en hele klomp ander terapeute. Herbale konsentrasie medisyne probeer maar die groot deurslag het gekom toe ons vrede maak, regte medikasie kry en kyk hoe die kinders blom. Vandag is hulle af van die medisyne en vaar beter as sommige van hul opgepiepte maats. Die hele proses was vir ons moeilik om te handteer, later kon ons maar net lag oor ons kinders wat so anders was maar wat die seerste gemaak het was beter weterige mense wat hule raad op jou afdwing, veroordeel sonder al die feite en kennis.

Vincent ·

Ek glo nie aan preek vir n kind nie. Ek glo aan LEEF reg voor jou kind en hy sal goeie keuses maak.

Susan ·

ADHD het niks met ‘gee ‘n kind sy sin’ of goeie voedsel te doen nie. Hoewel die uitsluit van sekere kos ‘n rustiger kind gee lis dit nie die probleem op nie. Ek het ‘n “ADHD’ kind. Hy word streng, liefdevol en met baie aandag grootgemaak. Maar mense en onderwysersse gebrek aan insig is grootste probleem. Ek sit daagliks met hom as hy huiswerk dien en kan sien hie sy aandagsoan na 5,10,15 en 20 minute verander en sy handskrif daarmee saam. Hy is intelligent, soet en dierbaar en permanent teleurgesteld in homself. Sy frustrasie, veral met homself veroorsaak depressie en selfhaat. Ek wens mense wil hulself inlif voor hulle aanmerkings maak soos ‘nie genoeg aandag’ ‘gee ‘n kind sy sin’ en ‘slegte ouers’. Daar is nie nog ‘n kind wat met meer toewyding, liefde, dissipline en gebed grootgemaak word nie en my hart breek vir hom; hy voel net nooit goed genoeg nie; hy kry homself nie georganiseer nie en kry op af-dae ‘n streep deur sy werk oor sy handskrif. Hy probeer hard! Oordeel is so maklik…..

Ja, né ·

Jy praat so waar. Dis vrek moeilik om hulle so te sien. Die veroordeling van ander mense war nie in dieselfde bootjie is nie, is totaal onnodig

Gee om ·

Ja Ne, ek stem volkome saam!! Ons is in die selfde bootjie!

Mossienes ·

Susan jy praat waar. Ek het self so klein mannetjie in my huis, soveel empatie met ander maar geen genade vir homself. Sukkel met onderwysers wat konstant aandring op sterker medikasie of meer disipline. Ander wat nie verstaan dat ‘n gegil en skree net mooi niks verrig anders om hom meer gefrustreerd te laat met homself en die situasie nie. Ek wil met tye my hare uit my kop uit trek – ek sit met ‘n kind wat my vra hoekom is ek gebore.

Asjas ·

Die probleem le by die onderwysers. Een van ons kinders wou selfmoord pleeg so depresief was sy omdat sy net nooit goed genoeg was nie tot ons gehoor het een van die ander juffrouens het kennis van ADHD. Ons het gevra dat ons kind in haar klas gesit word en ons probleen was op ‘n einde want sy het geweet hoe om met so kind te werk sonder om die ander te benadeel. Liefde, geduld en kennis is die antwoord.

Ilze ·

Susan ek stem 100 % saam ek self het n adhd kind en ek sny baie suiker uit en dit het wel n groot verbetering in sy skrif gebring. Adhd kinders moet nie op geskree word of gedreig word nie. Dit kos baie op jou tande byt en tot 10 tel as ouer maar op die ou end sal ons enige iets doen vir ons kinders. My kind is op medikasie van Gr R en hy is nou in Gr 5 en hy het n 73% gemiddeld. Ek help my kind leer en sal uit my pad gaan om vir hom deur skool te help. Ek sien dit as my plig en ek doen dit met al my liefde.

Diamor ·

Dis net jammer dat dit soveer kos om gesond te eet. Ek self het n kind met ADHD, en sy is baie lief om gesond te eet, maar die pryse is belaglik. Hoe moet n “lae-inkomste” ouer vir haar/sy kind gesonde kos aankoop? Dis nie asof almal n vrugteboom kan plant of die opsie het om groente te plant nie. Ek probeer sover moontlik eerder self my kinders se kos te maak/bak sodat ek weet wat daar ingaan, dis baie werk maar ek verkies dit so.

snoefie ·

jy is reg. kos is peperduur. maar mens probeer ten minste ne. gee nie op as die kind besluit hy sit nie sy mond daar aan nie.

Ann ·

Meer inligting aan ouers sal ook welkom wees, ń ouer weet nie eens waar om te begin soek vir hulp nie. Google veroorsaak meer verwarring as hulp

E ·

Kan nie sonder medikasie ń normale dag hê nie. My seun is adhd en glo vir my dit is al wat werk.

J ·

Ek sit ook in die selfde bootjie. My kind is baie lief vir rou groente en vrugte. Wat ek gesien het werk goed vir my seun. Neem kort kort n breuk as hy leer en so het ek resultate gekry. Hy is nou in graad 11 tuis onderrig. Sterkte aan al die jong mammas en kindertjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.