Agt kamele, lama vat pad uit sirkus

Die agt verdwaalde kamele en ‘n lama op ‘n straathoek in Madrid. (Foto: Twitter)

Agt kamele en ʼn lama het oornag die strate van Madrid ingevaar nadat hulle uit ʼn sirkus ontsnap het, met die Quiros-sirkus wat die skuld daarvoor op diereregteaktiviste gepak het.

“Verskeie kamele en ʼn lama het oornag uit ʼn sirkus ontsnap,” lui ʼn twiet van die Spaanse polisie. Die polisie het ook foto’s gedeel van die diere wat op ʼn straathoek rondhang.

“Die polisie het die diere gevind en versorg sodat hulle ongedeerd terugbesorg kon word.”

Daar is geskerts dat dit onduidelik was of die diere hulle teëgesit het toe die polisie hulle bymekaargemaak het.

Mati Munoz, ʼn sirkusbestuurder, het die onderneming se verligting te kenne gegee dat die viervoetige voortvlugtendes veilig teruggevind is.

Die sirkus het ook ʼn klag ingedien nadat vasgestel is dat ʼn elektriese heining om die diere se kamp geknip is.

“Ons dink hul ontsnapping was weens sabotasie deur diereregtegroepe wat elke jaar betoog.”

Die kamele is oorspronklik afkomstig van die woestyne van Sentraal- en Oos-Asië en het ʼn ongelooflike vermoë om onder uiterste toestande te oorleef. Deesdae is die meeste van die diere egter getem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pablo

Die ANC is die enigste sirkus nog in SA

AW

Wonder of hulke dit gedoen het as gevolg van die Leeu wat hier by die KrugerWiltuin ontsnap het??

Pablo

Hulle wou kom stem maar het verdwaal geraak. He he heeee

christo

Kan iemand asseblief die elektriese heining knip sodat die ANC sirkus narre die pad kan vat? Ons belowe ons hulle nié aankeer en terug vat nie.