Agt lede van VSA-familie doodgeskiet

Padblokkades is op paaie naby die moordtonele opgestel. Foto: AP Photo/John Minchillo

Padblokkades is op paaie naby die moordtonele opgestel. Foto: AP Photo/John Minchillo

Agt lede van ʼn Amerikaanse familie, wat ʼn ma insluit wat langs haar baba, wat vier dae oud was, geslaap het, is Vrydag in vier huise op die plattelandse dorpie, Piketon, in Ohio doodgeskiet.

Sewe volwassenes en een tienerseun is doodgeskiet. Die baba en twee ander kinders, onderskeidelik 6 maande en drie jaar oud, het die voorval oorleef.

Die oorledenes is almal deel van die Rhoden-familie en is geïdentifiseer as Christopher Rhoden Sr. (40), sy 16-jarige seun Christopher Rhoden Jr., Kenneth Rhoden (44), Gary Rhoden (38), Dana Rhoden (37), Clarence “Frankie” Rhoden (20), Hannah Gilley (20) en Hanna Rhoden (19).

Plaaslike owerhede het gesê die meeste van die oorledenes is in hul beddens geskiet, wat hulle laat vermoed hulle het geslaap toe hulle geskiet is. Daar is geen aanduidings dat enige van die sterftes selfmoord was nie.

Mike DeWine, ʼn woordvoerder van die owerhede in Pike County, het gesê niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Dit is nie duidelik wat die motief vir die moorde was of hoeveel verdagtes betrokke was nie. DeWine wou nie onmiddellik enige inligting bekendmaak of ander wapens ook gebruik is en of enige iets uit die huise gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Geskok ·

Dis verskriklik! Dink aan die familie en vriende wat agter bly!

Skapie ·

Shoe dis vreeslik baie mense om dood te skiet. Baie baie tragies

Karma ·

Ag, Xa! “Dit gebeur gereeld hier”??? Ek kan nie van een enkele gesins/familie-moord in SA onthou wat AGT mense se lewens, twee daarvan onskuldige babas geëis het nie. Daar was wel al gesinsmoorde van tussen 3 – 5 mense, maar nog nooit AGT mense op een slag nie – nie waarvan ek weet nie. Waarom altyd geloof/ras/sosiale omstandighede ens. inbring in alle kommentare?

Riekie ·

Genade ons!!!!!! Klink soos die wilde weste genaamd SUID-AFRIKAANS!!!!!

E ·

Daai arme kleingoed !!!!!!!!!!!!!!!! Die wereld is baie baie siek.

Cobus ·

Karma dit is duidelik dat jy nie weet hoeveel families op hulle plase vermoor word nie

Theresa B ·

Dis verskriklik. En waar is die arme kindertjies wat die vreeslike gebeure oorleef het nou?

Frans ·

Ek sien mense gee plaase om te huur nou uit Vandag wil niemand me op n plaas bly nie al gee jy dit verniet weg South africa is bad news

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.