Agt leerders sterf glo in sneeustorting

Die beseerdes word gedra deur reddingswerkers (Foto: Yoshitaka Sugawara/Kyodo News)

Agt hoërskoolleerders is vermoedelik dood nadat hulle Maandag in ʼn sneeustorting beland het.

Leerders van sewe skole in Japan was by ʼn ski-oord in Nasu, noord van Tokio, vir ʼn drie dag lange opleidingsprogram vir bergklimmers.

Die leerders was besig om te oefen hoe om deur sneeu te beweeg toe ʼn sneeumassa op hulle afgekom het. ʼn Instrukteur het almal beveel om plat te gaan lê. Minstens 40 ander mense is beseer. Twee van hulle is in ʼn ernstige toestand.

Volgens die plaaslike brandweer is agt leerders gevind met geen tekens van lewe nie. Hulle is egter nog nie amptelik deur mediese personeel dood verklaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rooiman ·

Maroela, die opskrif sê sneeustorm, die berig sê sneeustorting. Watter een was dit?

Ek dink dit moet ‘n verskriklike manier wees om die dood te sien aankom, as soveel sneeu en ys op jou afstort.

Janie Monsieur ·

Dagsê Rooiman,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.