Agt sterf ná brand by aftreeoord

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cullan Smith/Unsplash)

Die dodetal van ʼn brand wat verlede week by ʼn aftreeoord in Spanje uitgebreek het, het tot agt gestyg. Nog ʼn slagoffer het Dinsdag in die hospitaal gesterf.

Ses bejaardes is aanvanklik dood toe die brand Dinsdag by die aftreeoord in Moncada naby die oostelike stad Valencia uitgebreek het. Hulle was tussen 67 en 95 jaar oud.

“Een van die mense wat in ʼn kritieke toestand was, is oorlede,” het ʼn woordvoerder vir die gesondheidsowerhede in Valencia aan AFP gesê. ʼn Sewende persoon is Sondag in die hospitaal oorlede.

Ses persone is steeds in die hospitaal.

Meer as 14 mense het rookinaseming opgedoen insluitend van die reddingsbeamptes. Meer as 70 mense is ontruim.

Jose Miguel Basset, hoof van die brandweer, het verlede week gesê die brand het in ʼn vertrek op die eerste verdieping uitgebreek. “Oorlewing was daar onmoontlik.”

Plaaslike media berig ʼn elektriese fout in een van die slaapkamers het moontlik die brand laat ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Wat is die bevinding ,waarom die brand in die Modimolle hospitaal ontstaan het en die gevangene sonder n wag doodgebrand het.

Mieke ·

Ag, dis te verskriklik! Die arme ou mense en hulle families!! Mag hulle in vrede rus.

Retha ·

Baie hartseer, maak nie saak hoe dit gebeur het nie, net die gedagte aan hulpelose mense wat dood brand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.