Agt verdagtes in bendeverkragting aangekeer

Die idilliese Duitse universiteitstad Freiburg gaan die afgelope twee jaar gebuk onder geweldsmisdade. Foto: Wikipedia

Agt mans is Vrydag in die prentjiemooi Duitse stad Freiburg in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 18-jarige vrou.

Die polisie sê sewe verdagtes is Siriese mans van 19 tot 29 jaar oud en een ʼn gebore Duitser van 25 jaar, berig Deutsche Welle.

Die slagoffer het luidens berigte minstens een van die mans op die aand van 14 Oktober in ʼn nagklub in Freiburg se nywerheidsgebied ontmoet. Hy het na bewering ʼn middel in haar drankie gegooi om haar te bedwelm.

Al agt mans word daarvan beskuldig dat hulle haar om die beurt naby die nagklub verkrag het. Die polisie kon sommige mans identifiseer op grond van DNS-bewyse.

Aanklaers sê die moontlikheid bestaan dat selfs nog mans by die bendeverkragting betrokke was, berig die New York Times.

“Ons kan nie sulke afskuwelike dade duld nie,” het Freiburg se burgemeester, Martin Horn, gesê en beloof die reg sal vinnig toegepas word.

Die voorval is die jongste in ʼn vlaag geweldsdade wat die suidwestelike stad, wat bekend is om sy pragtige natuurtonele, universiteit en omgewingsvriendelike leefwyse, sedert 2016 tot aan sy fondamente geskud het.

ʼn Groep tieners het ʼn middeljarige man doodgeslaan, ʼn mediese student is verkrag en vermoor, ʼn vragmotorbestuurder het ʼn 27-jarige drawwer in die voorstad Endingen om die lewe gebring en ʼn pedofiliekring is op die nabygeleë dorp Staufen oopgevlek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Susan ·

Genade di wereld word meer boos elke minuut. Santan loop soos n brullende leeu rond om ons. Dis di scary part. Ons keer nou vir on wickets.

Netso ·

Dis presies hoekom Europa so siek en sat is vir die vlugtelinge! 99% van al die gewelds misdade is vlugtelinge wat nie daar gebore is nie. Dis maar die ou Afrika verhaal van die hand wat hom voer te byt! Met die aanwas mentaliteid lyk Duitsland se hoofstede een van die dae soos Londen.

Se maar net 1 ·

Gooi die hekke oop – dis mos verkeerd om eenkant en afgesonderd by jou eie te wil leef. Hul speel so op die humanistiese regte en jou gevoel en vreet jou stadigaan op.
Maar dis alles deel vd groter prentjie om een groot grys bevolking te hê vir sie wen wêreld orde.

Ben ·

Toe ons in SA hulp vra, het die Europeurs ons gekruisig – sanksies teen ons ingebring, Frankryk het geweier om aan ons wapens en onderdele te verkoop, ons beskludig en 666 tot Hero verklaar. Maar die wiel draai. Die Europeurs kry nou terug wat hulle al die jare gesaai het. Hopelik sal hulle oe nou begin oopgaan. Indien nie, wag daar baie groot swaerigheid vir hulle. Eintlik het ek geen simpatie met die Europeurs nie. Kyk hoe gou het hulle groot geld aan CR gegee.

Bob ·

Die linkse media is anti-Trump.
Kyk wat maak “vlugtelinge”.
Vlugtelinge integreer ook nie in die nuwe land nie, maar wil hulle “waardes” en gebruike daar afdwing.

Therese van Schalkwyk ·

Sewe Siriërs wat heel flink “vereuropees” het, of hoe?

Simpatie met alle toekomstige slagoffers van ‘n onoordeelkundige, stiksienige immigrasiebeleid.

Marie ·

Angela Merkel werk saam met die linkes om Europa te vernietig.Sy het klaar n plaas in Paraguay as sy moet vlug. Die vlugtelinge het nou meer regte as die Duitsers self

Elvira ·

Dis daardie regerings se skuld want hulle laat daai skermunkels toe in hulle land. Stuur die hele lot terug waar hulle vandaan kom dat hulle kan kripeer.

GES ·

Hierdie probleem kan voor tannie Merchel se deur gelê word. Dit is so duidelik soos daglig dat die “vlugtelinge” nie wil of gaan integreer met die Duitse volk nie. Waarom nog aanhou om hulle in te neem? Sy gaan die Duitsers se tradisisie en waarde sisteem vernietig.

Wilma ·

Ons weet mos hier wat so called vlugtelinge doen. Dai lande moet hul oge oopmaak en grense toe

Erick ·

Dit is alles deel van die Nuwe Wêreld Orde planne ?. Daar wag nog groot dinge voor die deur vir hierdie planeet.

Waarheid ·

Jy is reg Marie. Merkel het hulle binnegenooi en omdat die gewone Duitsers hulle monde daaroor oopmaak word hulle ver regs genoem
Sy is ook groot maatjies met die ellendige Macron en Obama.

Sjym ·

Ag, so ‘n herrie oor iets wat daagliks in die dere wêreld gebeur! Dis ‘n klein prys om te betaal vir die voordele van multikultuur.

Stephen Namibia ·

Toe ek die opskrif lees het ek geweet dis Moslems. Die linkses moet maar vir hulle kry. Voer hulle in en deel daarmee!

Lynette Schultz ·

Gaan lees die storie van Rebecca Sommer, Duitse aktivis vir immigrasie wat Damaskus-pad-openbaring gehad het….

Gysbert Stander ·

Dis wat gebeur as jy die Tweede Gebod misverstaan as “jy moet jou naaste liewer hê as jouself.”

Solank die Europeërs my nie verwar met iemand wat omgee nie.

JM ·

Gysbert, Geen rower, moordenaar, hi-jacker, verkragter, skelm sal ooit my naaste wees nie en ek sal ook nie lief wees vir hulle nie. Bottom line.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.