Agt wou selfmoord pleeg oor koei as nasionale dier

Versierde koei in  Daraganj, Indië tydens die Kumbh Mela-fees in 2013

Versierde koei in Daraganj, Indië tydens die Kumbh Mela-fees in 2013

Minstens agt mense het Donderdag in Gujarat, Indië, probeer selfmoord pleeg nadat hul versoek, dat die koei as die land se nasionale dier aangewys moet word, afgekeur is.

Aanhangers van die Hindu-geloof, die meerderheidsgeloof in Indië, beskou koeie as heilige diere en hul slagting word in verskeie streke verhoed.

Een van die verkiesingsbeloftes van die Hindu-nasionalistiese party, Bharatiya Janata, was dat die nodige wettige raamwerk in plek gestel sal word om die koei te beskerm.

Narendra Modi, eerste minister van Indië, woon in Gujarat.

Agt lede van die Gau Raksha Samiti (koeibeskermingskomitee) in Rajkot, het Woensdag ʼn memorandum ingedien dat die koei binne 24 uur as die nasionale dier aangewys moet word, het die Times of India-koerant berig.

Hulle het Donderdag ʼn giftige plaagdoder voor die distrikskantoor ingeneem toe daar nie aan hul eis voldoen is nie.

Manish Nakum, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is na ʼn hospitaal gehaas en buite gevaar.

“As ons ons koeie wil beskerm, moet ons dit as ʼn nasionale dier en as Rashtra Mata (nasionale moeder) verklaar,” het Dhaval Pandya, ʼn lid van die koeibeskermingsorganisasie, gesê. “Heiliges en koeibewaarders betoog al 18 dae lank, maar die regering het nog nie daarop reageer nie.”

Indië se nasionale dier is die beskermde koninklike Bengaalse tier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DMC de Koker ·

‘n Koei is nie ‘n dier nie maar net ‘n geslag van dier. Is dit dus net koeie of alle beeste?

Nietemin, die mense is belaglik. Wil “koeie” beskerm maar vervolg Christene. Wat word van die wêreld!

SkarrelKind ·

Hulle is Hindoes. Nie Moslems nie. Wat maak hulle walglik? Omdat hulle nie Christene is nie?

Wees meer verdraagsaam, die planeet het dit nodig.

iemand ·

Lus is ek nou vir n tjoppie of n lekkerstuk biltong met geel vet.

Laurika ·

Hul glo juis die vroulike koei as heilige, omdat een van hul Gode wat in menslike liggaam op aarde beland het, deur ‘n koei in die veld aan die lewe gehou was deur hom met melk te verskaf.
Maar om selfmoord te pleeg oor so iets…. bietjie koekoes.

Voorlaaier ·

Die enigste mooi koei is di een wat in my deep freeze hang!??

charlene ·

Kyk is is ook lief vir melk en vir koeie maar dis nou dalkies een te veel – hulle moet ook nou na die nadele kyk van so `n belsuit, tans vermoor baie mense die tier (wat tans hulle nasionale dier is) dus beskerm dit darm die spesie dat die ook nie uit sterf nie. Hulle hoef nie te worry nie, die koei sal nie uitsterf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.