Minstens agt mense het Donderdag in Gujarat, Indië, probeer selfmoord pleeg nadat hul versoek, dat die koei as die land se nasionale dier aangewys moet word, afgekeur is.
Aanhangers van die Hindu-geloof, die meerderheidsgeloof in Indië, beskou koeie as heilige diere en hul slagting word in verskeie streke verhoed.
Een van die verkiesingsbeloftes van die Hindu-nasionalistiese party, Bharatiya Janata, was dat die nodige wettige raamwerk in plek gestel sal word om die koei te beskerm.
Narendra Modi, eerste minister van Indië, woon in Gujarat.
Agt lede van die Gau Raksha Samiti (koeibeskermingskomitee) in Rajkot, het Woensdag ʼn memorandum ingedien dat die koei binne 24 uur as die nasionale dier aangewys moet word, het die Times of India-koerant berig.
Hulle het Donderdag ʼn giftige plaagdoder voor die distrikskantoor ingeneem toe daar nie aan hul eis voldoen is nie.
Manish Nakum, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle is na ʼn hospitaal gehaas en buite gevaar.
“As ons ons koeie wil beskerm, moet ons dit as ʼn nasionale dier en as Rashtra Mata (nasionale moeder) verklaar,” het Dhaval Pandya, ʼn lid van die koeibeskermingsorganisasie, gesê. “Heiliges en koeibewaarders betoog al 18 dae lank, maar die regering het nog nie daarop reageer nie.”
Indië se nasionale dier is die beskermde koninklike Bengaalse tier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
‘n Koei is nie ‘n dier nie maar net ‘n geslag van dier. Is dit dus net koeie of alle beeste?
Nietemin, die mense is belaglik. Wil “koeie” beskerm maar vervolg Christene. Wat word van die wêreld!
Lus is ek nou vir n tjoppie of n lekkerstuk biltong met geel vet.
ek bedoel die Guptas…
Hul glo juis die vroulike koei as heilige, omdat een van hul Gode wat in menslike liggaam op aarde beland het, deur ‘n koei in die veld aan die lewe gehou was deur hom met melk te verskaf.
Maar om selfmoord te pleeg oor so iets…. bietjie koekoes.
Die enigste mooi koei is di een wat in my deep freeze hang!??