Agtjarige sterf glo van hongerte

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Taiwan ondersoek ʼn saak van kindermishandeling nadat ʼn agtjarige meisie, wat slegs 8kg geweeg het, glo weens wanvoeding dood is.

Die meisie se ma, slegs bekend as Hsu, het die kind in April na ʼn hospitaal geneem, en gesê haar dogter het ophou asemhaal nadat sy haar kop in die bad gestamp het.

Die kind het glo ook bedsere en blou kolle om haar oë gehad. Sy is in die hospitaal dood verklaar nadat dokters nie daarin kon slaag om haar by te bring nie. Die hospitaal het die vermeende kindermishandelingsaak by die polisie aangemeld.

Die polisie het aan die media gesê dat die kind aan ernstige wanvoeding gelei het. Haar gewig is soortgelyk aan ʼn kind wat een jaar oud is. Sy was ook slegs 90 cm lank, wat ongewoon is vir kinders van haar ouderdom.

Na wat berig word, het die meisie soos ʼn geraamte gelyk en het werkers by die lykshuis waarheen haar liggaam geneem is, gehuil toe hulle haar sien.

Hsu kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word as sy skuldig bevind word aan kindermishandeling wat tot die kind se dood gelei het. – SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hoekom lewenslange tronkstraf? Wat van die doodstraf?

Of nee wag: dalk kan die sleg vrou (wat nie die naam MA werd is nie) self in die tronk van hongerte omkom.

Dis uiters gemeen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.