Air France het Maandag aangekondig dat sy vroulike vlugkelners mag weier om op die maatskappy se nuwe roete na Iran te werk, waartydens hulle ʼn serp om hul kop moet dra.
Die bestuur van die Franse nasionale lugredery het met vakbonde vergader wat besorg was dat vroulike bemanningslede gedissiplineer sou word indien hulle sou weier om op dié vlugte te werk.
Die maatskappy sal ʼn uitsondering instel wat verseker dat werknemers, wat nie tussen Parys en Tehran wil werk nie, sonder sanksies op enige ander roete ontplooi sal word.
Air France beplan om op 17 April met drie vlugte weekliks te begin tussen Parys en Tehran.
Die lugredery het ʼn kennisgewing aan vroulike bemanning gestuur wat vereis dat hulle ʼn kopserp sal dra wanneer hulle in Tehran land. Hulle moet ook die uniform se langmoubaadjie en langbroek dra, eerder as ʼn knielengte rok.
‘Air France bemanning’? Klink vir my of dit eerder ‘bevrouing’ moet wees. Dit is seksisties om vrouens as mans te klassifiseer. Of wat praat ek?
VERITAS, ek voel jy is bietjie oorsensitief. ‘n Vlieënier is man of vrou. ‘n Bemanningslid behoort as dieselfde geag te word. Wat my wél pla is dat Westerse lande hulself moet aanpas by die versoeke van lande wat vroue minag en as tweede klas inwoners sien. Jy vlieg op Air France, ‘n lugredery van ‘n land waar vroue gelyke regte het. As jy geaffronteer voel deur ‘n vrou se hare, gaan vlieg jou eie land se vliegtuie. Ons is HEELTEMAL te inskiklik wanneer dit kom by ander se gelowe en gewoontes.
Ellis soos die Engelsman se: You haven’t seen nothing yet. Hierdie is maar net die begin. Die westerse wereld is nou al so lank vertel hoe sleg hulle is en hulle kies deurlopend ruggraatlose paddas vir leiers, dat die toegewings al vinniger en al groter gaan word.
Is die Franse nou bang gebom? Dis ‘n baie hartseer dag as jou werkgewer jou wil dwing om agteroor te buig vir die moslems. As ek hulle is vat ek hulle na die hoogste hof toe, jy kan niemand dwing om dit te doen nie. Air france gaan baie punte verloor hiermee.