Air France-vlug land in Kenia ná ‘bom’ op vliegtuig

Argieffoto van 'n Air France Boeing 777 ("Air France B777-200ER(F-GSPY) (4815799088)" deur Kentaro Iemoto vanaf Tokio, Japan via Wikimedia Commons)

Argieffoto van ‘n Air France Boeing 777 (“Air France B777-200ER(F-GSPY) (4815799088)” deur Kentaro Iemoto vanaf Tokio, Japan via Wikimedia Commons)

ʼn Air France-vlug tussen Mauritius en Parys is gedwing om in Mombasa, Kenia, te land ná ʼn toestel, wat soos ʼn bom gelyk het, in ʼn toilet gevind is.

Die Boeing 777 Air France Vlug 463 was onderweg na Charle de Gaulle-lughawe in Parys toe die vlieëniers om 00:37 ʼn noodlanding by die Moi Internasionale Lughawe versoek het, het Charles Owino, woordvoerder vir die polisie in Kenia, gesê.

Die vliegtuig, met 458 passasiers en 14 bemanningslede aan boord, het omstreeks 21:00 uit Mauritius vertrek. “Alle passasiers is veilig ontruim en die toestel is uitgehaal. Bomkenners ondersoek die verdagte toestel,” het Owino bygevoeg.

Die lughawe in Mombasa is ook tydens die ontruiming en soektog gesluit, het ʼn polisiebeampte, wat anoniem wou bly omdat hy nie gemagtig is om met die media te praat nie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Toe die sports in Frankryk begin het, het ek vir my vroutjie gese ons het klaar Air France en KLM gevlieg. Eers die Russiese vliegtuig en hier is dit nou as waarskuwing vir Air France.

Wat my egter bekommer is dat vliegmaatreels moontlik so gaan verskerp dat jy voorts dalk net gaan eindig met jou tandeborsel in jou hand as bagasie.

Ina ·

Jy sal jou tandeborsel ook moet laat staan – dis immers ‘n skerp voorwerp, jy sou iemand se oog kon uit steek.

Marous ·

Die sterkste nasies in die wereld , met die beste tegnologie ….. en steeds word hulle ore aangesit….deur enkeles

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.