Akteur Alec Baldwin vas ná aanranding

Alec Baldwin

Die Amerikaanse akteur Alec Baldwin is Vrydag in New York in hegtenis geneem op aanklag van aanranding.

Dit volg glo ná ʼn stryery oor ʼn parkeerplek.

ʼn Woordvoerder van die polisie in New York het gesê beamptes het omstreeks 14:00 (plaaslike tyd) reageer op berigte van ʼn aanranding in laer Manhattan. ʼn 49-jarige man het ʼn besering aan sy linkerkakebeen opgedoen. Hy is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die 60-jarige akteur is in hegtenis geneem.

Baldwin, ster van die sitkom 30 Rock en verskeie flieks en ander TV-reekse, het glo die man met die vuis bygedam toe hy parkeer het op ʼn plek waar Baldwin wou parkeer.

Die akteur, wat onlangs lof ontvang het vir sy humoristiese nabootsings van pres. Donald Trump op NBC se Saturday Night Live, is bekend vir sy humeur. Hy het al met fotograwe slaags geraak en selfs polisiebeamptes toe hy in die verkeerde rigting met sy fiets gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Susan ·

Dink natuurlik ek is n akteur kan net maak wat ek wil. Seker vir di polisie gese do you know who I am. Pateties verby

Isab ·

Goed gese wonder…. party mense is gebore om te kla en te oordeel… niks beter om te doen nie.

Annakapat ·

Die klaer in die saak het seker net $$$ tekens gesien toe Alec hom bydam – gaan sekern paar dollars uit die saak probeer maak!

Murica ·

Om te dink – dit van die voorsitter van die “Film Actors Guild” (oftewel “F.A.G.”).

Wesley ·

Hahaha dit eintlik die Screen Actors Guild, maar ek sien wat jy daar probeer doen met jou homophobie…

Droë Perske ·

Hy het mos gereeld ‘n mondvol te sê oor president Donald Trump. Alec is ‘n huigelaar.

Madelein ·

Ek kan nie wag vir Donald Trump se skerts op hierdie een nie.

Karolis ·

Meer ‘n skande dat twee grootmense so optree.
Ek ken ‘n oom van 68, moet hom nie met ouderdom aanvat nie.

Gerhard ·

Miskien het die 49 jarige net besluit om homself te gedra en nie terug geslaan nie. M.a.w. waardig opgetree.

LB ·

Die van julle wat die man nou name noem, ons was nie daar nie… maar ek kan my indink!Verlede week wag ek geduldig vir ‘n parkeerplek, fikkerlig aan en net toe die motor waarvoor ek gewag het wegtrek woerts ‘n vermetele vent in my spasie in. Sonder om links of regs te kyk stap hy daar weg en ek wens ek was groot en baie baie sterk en kon hom opfrommel en ‘n les leer. ‘n saak het twee kante.

Jannie ·

Wat was die tweede kant in al die gevalle waar die kaartmannetjie met andere in onderonsies was…insluitende met die polisie?

AH ·

‘n Saak het altyd twee kante. Ek was al in ‘n soortgelyke voorval soos LB betrokke. Om te sê dat my bloed gekook het is sagkens gestel! Die betrokke persoon het nog ewe verwaand vir my gewaai en vinnig in die winkelsentrum verdwyn terwyl ek van voor af parkeerplek moes soek. Ek was so woedend, ek sou hom telyf kon gaan as ek vinnig genoeg was!

Darius Els ·

KAROLUS, JY IS REG .EK IS 68 JR EN HET 2 WEKE TERUG 3 JONGES BUITE HUL BESIGHEID GESE OM NIE PARKERING TE RESERVEER VAN PUBLIEK VIR HUL KLIENTE NIE,IN LYNNWOOD.VERSKIL IS HULLE TATTOOED,BEBAARD EN COMMON,EN EK NET 68 MET 10 BOS JAAR ERVARING.

PJC ·

As ń mens iemand anders konfronteer moet jy maar die gevolge dra. Wat van liewers bang Jan as dooie jan.

VanAfrika ·

Het eers van hom gehou, maar vandat hy sy eie President so verneder kan mens sien van watter lap hy gesny is. Sy President probeer n verskil maak en vat nie eers n salaris huis toe nie en wil werk skep vir sy eie mense en dis die dank wat hy kry. Sie jy Alex, die wiel draai né????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.