Akteur Burt Reynolds oorlede

Burt Reynolds (Foto: Burt Reynolds Fan Club, Facebook)

Die akteur Burt Reynolds is Donderdag in die ouderdom van 82 in Florida, VSA oorlede.

Todd Eisner, die akteur se agent, het gesê Reynolds is aan ʼn hartaanval oorlede.

Die akteur, wat onder sy vriende as “Buddy” bekend gestaan het, het veral bekendheid verwerf vir sy rol in ikoniese flieks soos “Smokey and the Bandit” en “The Longest Yard”. Sy loopbaan het in die 70’s opgang gemaak toe hy Lewis Medlock vertolk het in “Deliverance”. Hy het in byna 200 flieks verskyn en ʼn Oscar-nominasie ontvang vir sy rol as die filmregisseur Jack Horner in “Boogie Nights” (1997).

Hy het vyf jaar lank ʼn verhouding gehad met Sally Fields, die aktrise wat saam met hom in “Smokey and the Bandit” gespeel het. Hulle het in 1977 op die stel ontmoet. Hulle het saam in vier flieks gespeel voor hulle verhouding in die 80’s tot ʼn einde gekom het.

Hy was in die 1960’s met Judy Carne getroud tot hulle paadjies in 1965 geskei het.

In 1988 het hy en Loni Anderson getrou en saam ʼn kind, Quinton Reynolds, aangeneem. Dié huwelik het in 1994 tot ʼn einde gekom.

Volgens IMDB het Reynolds die rol van James Bond van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oujongvrou ·

Ai was so mooie man. Maak my baie bewus van ouderdom, een van die dae is dit my beurt?

IK ·

Maak soos ek Oujongvrou, moet nie in ‘n spieël kyk en indien jy nie anders kan, haal net jou bril af!

IK ·

Maak soos ek Oujongvrou, moet nie in ‘n spieël kyk en indien jy nie anders kan, haal net jou bril af!

Henry ·

Sy lag het almal laat lag. Wat n fantastiese akteur was hy nie….

Hannelie ·

Tot siens,,,,,rus in vrede. Hy was ‘n baie aantreklike akteur met baie talent, sal hom altyd onthou.

Piet ·

Vir my was ou Burt maar so lelik soos die nag maar bring goeie herinneringe terug.

lulu ·

RIV BURT
Ai hvl aande as my man in die bed kom klim het wou ek so graag vra
“IS DIT JY BURT”
Maar nou jaaaaaaaa
jy het tog wel vir ure se vermaak gesorg wat wel vir baie jare aangehou het
RIV

Piet ·

Lulu ek lag my nog vrek vir jou voor ek vannag my huis kan haal!

Casper Labuschagne ·

Dit is seker die verloop van die lewe, eers is daar akteurs wat jy nie ken nie, maar waaroor Ma en Pa altyd praat. Dan kom daar ‘n lang lopie waar jy na ‘n fliek gaan kyk juis omdat die een of ander akteur daarin speel. Maar die dag breek ook aan dat jy minder gaan fliek en as jy praat van akteurs en aktrises, is jonger mense nie eens bewus van hulle nie. Op ‘n dag kry jy ook die besef dat iemand nou in jou bos besig is om te kap en dan val die groot bome wat jy al hoe lank al ken, een vir een.

Stella Barnard ·

Ai dis sooo hartseer Riv Burt..jy was di beste..ongelooflike akteur. Was jy ni ook met di mooie Liz Taylor getroud ni???

Clint Eastwood ·

Sal sy mees beroemde quote op die silwerdoek nooit vergeet toe hy Dolly Parton in sy arms neem nie: “A man has gotta do what a man has gotta do….”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.