Akteur eis Mandela-foto terug

Foto: Moments in time

Foto: Moments in time

Die bekende akteur Leonardo DiCaprio het ʼn span prokureurs opdrag gegee om ʼn getekende foto van hom en Nelson Mandela terug te kry van ʼn memorabilia-handelaar, berig die Sunday Times.

Gary Zimet het glo die foto in ʼn kluis gehad, maar het dit hierdie week uitgehaal om dit aan die Sunday Times te wys. Die kleurfoto is geneem toe DiCaprio die fliek, Blood Diamond, in 2006 in Suid-Afrika verfilm het. Die aanlyn-afslaers, Moments in Time, het vroeër vandeesmaand die foto op ʼn veiling aangebied.

Mandela het persoonlik op die foto geskryf: “Aan Leo DiCaprio, Beste wense, Mandela, 4-8-07”. Die foto het egter nooit die akteur bereik nie.

Die Nelson Mandela-stigting het gesê hy is nie bewus van die foto se bestaan nie. “Ons is nie bewus van die foto nie en het ook nie ʼn rekord daarvan in ons argief nie, so ons kan nie kommentaar lewer nie,” het Danielle Melville, woordvoerder van die stigting, gesê.

Zimet het reeds aanbiedinge van meer as $25 000 (ongeveer R264 000) vir die foto, 23 x 30 cm groot, ontvang.

Steve Warren, DiCaprio se prokureur, het gesê die foto behoort aan sy kliënt en hy eis dit terug.

Zimet hou vol die akteur is welkom om die foto te koop, maar hy gaan dit nie verniet oorhandig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Dis belaglik, die foto is dan n geskenk aan Leonardo DiCaprio van pres. Nelson Mandela, hoe kan hulle nou vir hom geld vra vir die foto? Skelm skelm skelm, wil net geld maak op enige denklike manier en in hul sakke prop. Hul moet eintlik onverskoning vra dat hy nog nie sy foto-geskenk gekry het nie en vir Leonardo vergoeding betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.