Akteur Gene Wilder oorlede

Gene Wilder in "See no evil, Hear no evil" (1989) Foto: IMDB

Gene Wilder in “See no evil, Hear no evil” (1989) Foto: IMDB

Die Amerikaanse akteur, Gene Wilder, veral bekend vir sy rol in Willy Wonka & the Chocolate Factory, is in die ouderdom van 83 oorlede.

Sy familie het sy afsterwe by sy huis Stamford, Connecticut, bevestig. Sy broerskind, Jordan Walker-Pearlman, het gesê hy is oorlede weens komplikasies van Alzheimer se siekte.

Die komediant was ook in klassieke rolprente soos The Producers, Blazing Saddles, Young Frankenstein en See no evil, hear no evil, te sien.

Hy het gereeld saam met die skrywer en regisseur Mel Brooks en die komediant Richord Pryor gewerk.

Wilder is twee keer vir ʼn Oscar-toekenning benoem.

Hy is in 1989 met nie-Hodgkin-limfoom (kanker van die limfatiese stelsel) gediagnoseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kiepie ·

Hartseer nuus, die wêreld was beter met hom in dit. See no evil, hear no evil is een van my “all time favourites”

Knersus D ·

Eerste fliek wat ek van hom gesien het was Quackser Fortune has a cousin in the Bronx. Briljant! Sedertdien al sy flieks gesien. RIP.

Kloppies ·

Dieslfde Fliek ook gesien – maar dis omdat Margot Kidder kaal in ‘n toneel was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.