Akteur Peter Fonda oorlede

Peter Fonda en sy suster, Jane Fonda by hul pa, Henry Fonda, se handafdruk (April 2013) (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP, File)

Die Amerikaanse akteur, Peter Fonda, wat in die 1969-fliek, “Easy Rider”, gespeel het, is in die ouderdom van 79 oorlede.

“Dit is met groot hartseer dat ons die nuus moet deel dat Peter Fonda oorlede is,” het ʼn woordvoerder van die familie bevestig.

Fonda is Vrydagoggend vreedsaam oorlede by sy huis in Los Angeles. Hy het asemhalingsprobleme ondervind weens longkanker.

“Ons het nie woorde om die pyn in ons hart te beskryf nie,” het sy bygevoeg.

Fonda is in New York gebore, seun van Henry Fonda en die sosiale vlinder Frances Seymour Brokaw, aldus die Internet Movie Database (IMDb). Hy was die broer van die aktrise Jane Fonda.

Hy het bekendheid verwerf met “Easy Rider” saam met sy medeakteurs Dennis Hopper en Jack Nicholson. Die drie het in die fliek ʼn motorfietsreis deur die VSA onderneem – aangespoor deur dwelmmisbruik.

Fonda was vervaardiger en het ook help skryf aan die fliek. Die fliek se draaiboek is genomineer vir ʼn Oscar.

Fonda het as regisseur naam gemaak met produksies soos “The Hired Hand” (1971). Hy is ook vir ʼn Oscar benoem vir sy rol in “Ulee’s Gold” (1997).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ekwilibrium ·

Ulee’s Gold is uitgereik in 1997, nie 1988 nie. Tragies, hy was ‘n begaadfe akteur.

Suné van Heerden ·

Dagsê Ekwilibrium

Ons vra om verskoning vir die fout! Dit was ‘n fout van Associated Press wat ons nie raakgesien het nie.
Die artikel is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.