Akteur sê jammer ná sluipmoord-grap oor Donald Trump

Johnny Depp (Foto: Wikipedia)

Die bekende Amerikaanse akteur Johnny Depp het Vrydag om verskoning gevra vir ʼn sluipmoord-grap wat hy Donderdag tydens die Glastonbury Festival oor die Amerikaanse president, Donald Trump, gemaak het.

Die Pirates of the Caribbean-akteur se aanmerking het die wenkbroue van die Withuis en talle op sosiale media laat lig toe hy tydens ʼn gesprek vir die gehoor gevra het: “Wanneer was die laaste keer wat ʼn akteur ʼn president in ʼn sluipmoord vermoor het?”

Die gehoor het egter uitbundig vir hom hande geklap en hom toegejuig.

In ʼn verklaring uit Trump se kantoor, het die president Depp se aanmerking veroordeel.

“President Trump veroordeel geweld in alle vorme en dit is hartseer dat ander soos Johnny Depp nie sy leiding volg nie. Ons hoop dat mnr. Depp se kollegas hulself so sterk sal uitspreek teen dié tipe retoriek soos wat hulle sou doen as dit gerig was op ʼn lid van die demokratiese party,” het die verklaring gelui.

Depp het intussen in ʼn verklaring om verskoning gevra vir dié aanmerking.

“Ek vra om verskoning vir die swak grap oor president Trump. Dit het nie uitgekom soos ek dit bedoel het nie, en ek het geen kwaad daarmee bedoel nie. Ek wou niemand daarmee benadeel het nie.”

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

jy behoort ook gedwing word om verskoning te vra vir dieselfde smaakloosheid as debb.

Snoefsnoef ·

Snoef val vir die massamedia se manipulasietegnieke haha.

Tasha ·

Depp probeer seker weer in almal se goeie boekies kom nadat hy as vroueslaner ontmasker is. Hy het ‘n grillerige ou mannetjie uitgedraai met weinig talent en ek is nie eers ‘n Trump ondersteuner nie.

Cherokee ·

Dan is jy waarskynlik ‘n Clinton ondersteuner. Ek wonder of jy sal kan verduidelik waarom.

Nel ·

Wie neem nog enige Holly/bolliewood akteur se uitsprake ernstig op…

Tasha ·

Is ek nou noodwendig ‘n Clinton ondersteuner omdat ek nie ‘n Trump ondersteuner is nie? Nie almal is politieke zombies nie hoor!

Cherokee ·

Nie almal is ‘politieke zombies’ nie? Maar die woord ‘waarskynlik’ word nie verstaan nie? Trump doen groot dinge vir sy land en sy daadwerklike optrede teen die antichristelike geloof wat met bomme die wêreld probeer oorneem veroorsaak dat mense wat teen Trump praat altyd bevraagteken word.

Michael ·

Ek wens ons kon n leier soos Trump he wat n graaf n graaf noem en n probleem identifiseer en hom regmaak sonder om bang te wees vir die nagevolge en Pres Trump het homself nie aangestel hy is verkies deur die meerderheid amerikaners wie is depp in elgeval n oukie wat n selferkende probleem met dagga het

Geet ·

Dis neteie naiewes wat val vir die massamediawatdink dat trump sleg is, hy doen wondere vir amerikaanse middelklas en armes en om besigheid terug te vat amerika toe. Nqtuurlik is dit nie watdie wat die media beheer wil sien nie.

John ·

Snaaks dat die meeste beledegings van musikante en akteurs kom wat daagliks hul geld verdien deur hulle te moet verbeel hulle is iemand anders. Ek twyfel of Depp regtig jammer is, in teendeel. CNN wat oorleef weens bloedvergieting van ander, wag op soortgelyke siek aksies. Blykbaar was Obama die droomleier, soos Mandela, ook ‘n uitstekende akteur. Soort soek soort.

gatiep ·

Klomp siek mense wat vir hollywood werk en dan probeer hulle ons kinders ook soos hulle maak en hulle slaag ook goed daarin.

anton ·

Ek dink die staat Kalifornie kan maar los skeur van die res van Amerika en weg dryf die see in. Dit is elkgeval besig om letterlik te gebeur, stukkie vir stukkie.
Want die klomp libtards wat daar bly het geen idee wat in die wêreld aangaan nie veral nie die akteurs nie. Dink die geld het hulle heeltemal blind en dom gemaak. Hulle lewe te lekker en leef in hulle eie droom wêreld .Met die uitsondering van n klein handjievol van hulle.
Dink die withuis moet eenmaal n voorbeeld maak van die wat sulke simpel goed kwytraak, dan sal dit stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.