Akteur, ses ander dood ná vliegtuig val

(Foto: Rutherford County Fire Rescue/Twitter)

Die Tarzan-akteur Joe Lara, sy vrou en vyf ander is vermoedelik dood nadat ʼn ligte straler naby Nashville in die Amerikaanse deelstaat Tennessee neergestort het.

Die ligte straler het omstreeks 11:00 Saterdag (plaaslike tyd) in Percy Priest Lake, sowat 19 km suid van Nashville, neergestort. Die vliegtuig het kort tevore van die Smyrna-lughawe opgestyg en was onderweg na Palm Beach, Florida.

Teen Saterdagaand is die soek-en-reddingsoperasie afgelas. “In dié stadium soek ons nie meer na oorlewendes nie, maar probeer eerder soveel moontlik van die ongelukstoneel herwin,” het kapt. Joshua Sanders van Rutherford County Fire & Rescue gesê.

Joe en Gwen Lara.

Verskeie wrakstukke asook menslike oorskot is teen Sondagmiddag gevind.

Lara het Tarzan gespeel in die TV-rolprent Tarzan in Manhattan wat in 1989 vrygestel is. Hy het later in die televisiereeks Tarzan: The Epic Adventures gespeel wat van 1996 tot 1997 op die kassie te sien was.

Sy vrou, Gwen Shamblin Lara, met wie hy in 2018 getroud is, was ʼn dieetghoeroe en stigter van die Remnant Fellowship Church. Sy word oorleef deur twee kinders uit ʼn vorige huwelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hexadane ·

Ekt die Akteur ontmoet to ek n jong lat was, my ma het die tarzan boom en nog baie ander goed gemaak vir die reeks destyds en so het ek en my suster baie keer saam op die stel gekyk hoe dit verfilm word. Rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.