Akteur sterf toe regtig

akteur‘n Jordaniese akteur is dood tydens die TV-opname van sy karakter se sterftoneel.

Mahmud al-Sawalka het glo aan die persoon, wat die rol van sy seun speel, opdrag gegee om hom met sy eie hande te begrawe net voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het.

Al-Sawalka se karakter is vroeër glo geskiet en die karakter het in die program “Bloedbroers” op sy sterfbed gelê.

Die nuusdiens, Reinaha, wat die nuus van die ongewone sterfte wêreldkundig gemaak het, het egter nie gemeld waaraan die akteur oorlede is nie.

Hy was veral bekend vir rolle in historiese dramas, veral waarin die Bedoeïene sentraal gestaan het.

Bron: BB Berlin, De Telegraaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.