Ná maande se spekulasie oor wie James Bond in die nuwe 007-fliek gaan vertolk, is dié gerugte uiteindelik in die kiem gesmoor.
Daniel Craig het Dinsdag op Stephen Colbert se The Late Show bevestig dat hy die rol van James Bond gaan vertolk in dié fliek wat einde 2019 vrygestel word.
Craig het gesê dit sal waarskynlik sy laaste keer as Bond wees, maar dat hy hoop “om op ʼn hoë noot uit te tree”. Craig het dieselfde rol in Casino Royale, Quantum of Solace, Skyfall en Spectre gespeel.
Tom Hardy, James Norton, Idris Elba en Tom Hiddleston se name is almal genoem as moontlike opvolgers vir Craig. Charlize Theron se naam is ook genoem as ’n moontlike toekomstige Bond.
Intussen word daar steeds wyd gespekuleer oor wie die ikoniese Bond-meisie gaan wees. Theron se naam word ook hier genoem, en verder is Julianne Moore, Freida Pinto en Charlotte Le Bon van die gunstelingkandidate. Gerugte doen ook die ronde dat die supermodel en aktrise Cara Delivigne ʼn goeie kans het om die rol te vertolk.
Craig het voorheen laat hoor dat hy nie belangstel daarin om weer Bond te speel nie, maar hy het Dinsdag vir Colbert gesê hy “kon nie gelukkiger wees” om die rol te vertolk nie.
Bond 25 word in November 2019 vrygestel. Geen ander akteurs in die fliek is al bekend gemaak nie.
My persoonlike opinie hy is nie n goeie Bond , Pierce Brosnan my beste Bond.
Neeee Gert, Pierce Brosnan is te fyn vir so ‘n karakter. Dan maar eerder Sean Connery.
Ek het groot geword in die tyd to Brosnan Bond was, so hy is die man wat ek altyd aan dink wanner ek aan Bond films dink.
Sean Connery is my gunsteling klassieke Bond, maar vandat Daniel Craig hierdie rol vertolk, is die Bond-karakter soveel meer menslik. Dis asof ek meer met die karakter kan assosieer. Pierce Brosnan was goed, maar daardie Bond was baie meer plastiek – soos toe Sean Connery die karakter vertolk het.
Vir my part kan hulle vader krismis in daai rol sit. Daar is ongelukkig geen beter Bond as Sean Connery nie.
Roger Moore Die beste Bond ooit.
Idris Elba en Charlize Theron?
Charlize Theron? Dan gaan dit seker James Blond wees.
Jane Blond? Hahaha
Wonder wat het die vervaardigers gerook deur te dink aan Charlize Theron en Idris Elba as n moontelike James Bond???
As dit gebeur sal dit die grap van die eeu wees en sal ek nie eers gratis na n Bond film gaan kyk nie!!!
Roger Moore bo
My persoonlike opinie….die beste Bond nog. En dan is hy nog boonop aantreklik ook en het ‘n lyf wat skrik vir niks.