Aktrise in hof oor ‘onwelvoeglike’ rok

Rania Youssef se rok kan haar tot vyf jaar tronkstraf op die hals haal. Foto: Facebook

ʼn Egiptiese aktrise kom volgende maand voor oor ʼn deursigtige rok, waardeur haar bene sigbaar was, wat sy na die Kaïro- Internasionale Rolprentfees gedra het.

Rania Youssef het by die afsluitingseremonie van die jaarlikse fees in ʼn swart kantrok verskyn wat, soos sommige waarnemers dit beskryf het, ʼn baaikostuum daaronder blootgestel het, berig Al Jazeera.

Dit het twee Egiptiese prokureurs genoop om ʼn klag van “aanhitsing tot losbandigheid” teen die aktrise aanhangig te maak. As sy skuldig bevind word, kan sy tronkstraf van tot vyf jaar opgelê word.

Die eerste saak van beweerde onwelvoeglikheid is deur die prokureur, Amro Abdelsalam, ingedien en die tweede deur Samir Sabri, ʼn prokureur wat daarvoor bekend is dat hy glansmense hof toe sleep.

Sabri het aan die nuusagentskap AFP gesê Youssef se voorkoms “voldoen nie aan ons samelewing se waardes, tradisies en morele waardes nie en ondermyn dus die goeie naam van die fees en veral die aansien van Egiptiese vroue”.

Sy het intussen in die sosiale media gesê sy het haar “waarskynlik misgis” wat haar keuse van ʼn rok vir die glansaand betref, berig die BBC.

Dit was die eerste keer dat ek dit gedra het.

“Dit was die eerste keer dat ek dit gedra het en ek het nie besef dit sou soveel woede ontketen nie,” het sy gesê. “Ek herbevestig my verbintenis tot die waardes waarmee ons in die Egiptiese samelewing grootgemaak word.”

ʼn Egiptiese hof het die sangeres, Shaimaa Ahmed, verlede jaar vir twee jaar tronk toe gestuur – wat later versag is tot ʼn jaar – omdat sy in haar onderklere in ʼn musiekvideo verskyn het terwyl sy suggestief ʼn piesang geëet het.

Youssef se verhoor begin na verwagting op 12 Januarie.

Egipte is ʼn oorwegend konserwatiewe land met ʼn Moslemmeerderheid, berig die New York Post. Die Arabiese land met sy sowat 100 miljoen inwoners behou sekere oorblyfsels van sekularisme, ondanks toenemende godsdienstige konserwatisme.

“Youssef se geval herinner daaraan dat Islamitiese fundamentalisme steeds geld, vyf jaar nadat die Islamitiese president onttroon is deur die weermag te midde van massabetogings teen sy bewind,” berig die New Yorkse dagblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Stephen Namibia ·

I am sick of Muslim men with their supposedly conservative values. They come to the West and groom young girls to become sex slaves and hang out in brothels with prostitutes.
Those of you who criticize my comments go and spend a week in London or any other Western city.

Sakkie ·

I support you 100% i have a lady friend who is caught in there muslim lie trap

PJC ·

Die twee prokureertjies kon nie glo dat ń dame so oulik kan lyk in westerse drag nie toe maak hulle sommer ń saak teen haar.

Piet ·

As sy 5 jaar tronk toe gaan vir daai rok is daar n paar voue en meisies hier in SA wat die doodstraf sal kry vir wat hulle dra of is dit nou nie dra nie

Sonja ·

Piet hoe lekker lag ek nou vir jou…. die doodstraf sal kry ?. Ja nee, kyk selfs hoe loop swanger vrouens deesdae. Dis vreeslik.

Hanna Hoekom ·

Ek woon en werk al vir 4 jaar in die Midde Ooste. Glo my, hierdie is nie n aangename plek vir enige vrou nie. Hier in Riyadh is n vrou laas week in die publiek verskree omdat haar enkels gewys het toe sy n stel trappe moes klim. Die “religion of peace” is alles behalwe! En dan gaan hul manne oor naweke Bahrein en Dubai toe om daar te gaan kattermaai. Baie, baie godsdienstig… Egipte darem stukke beter en ietwat verlig!

Hanna Hoekom ·

My gesig mag darem oop wees! Verder is dit die morbiede, swart langmou gewaad. Ek maak my hare toe net om nie te erg uit te staan nie aangesien ek baie lig v kleur is!

Tappies Smit ·

Ek stem saam met jou Stephen…die moslem geloof is nie wat hulle voorgee om te wees nie, sodra hulle enige ander land besoek, verander hul waardes …moslem mans is lief vir westerse prostitute en minag ook die vroulike geslag.

Hanna Hoekom ·

Ja nee, die alewige gebede is net vir die show! Hier in die Midde Ooste is soveel geslagsiektes (HIV bo aan die lys) agv prostutisie en homoseksuele mans. Tog word die arme gesluierde vrou ALTYD die skuld gegee!

Karolis ·

Rania, kom maar SA toe.
Hier in die Karoo kan jy sonder daai rok rondloop anders brand die son strepies en blokkies op jou lyf.

Linda ·

Pragtige rok !! Moslems julle kan met meer as een vrou trou en babas galore maak ne !!! So bly stil, want jul is ‘sic’ nes ons Zuma !!!

Hendrik van George ·

‘n Geloof wat in die midde eeue vasgevang is…. samelewing in die Midde Ooste is honderde jare agter die res van die wêreld.

Geregtigheid ·

In SA trek die meisies partykeer net so sleg aan dan vra hulle nog hoekom sekere goed met hulle gebeur. Die wyse hoe ons aantrek se wie is ons en vir watter waardes staan ons…

Delia ·

Geregtigheid…skuilnaam..so wat meisies dra gee mans die reg om SEKERE GOED MET HULLE TE LAAT GEBEUR. En vroulike babatjies…elke mens/man het n keuse wat hy kan uitoefen oor sy gedrag.

Verstom ·

Ek stem 100% saam met jou Geregtigheid. Delia jy kan leer uit wat van die mond van die Grysheid kom. As my kind so moes aantrek, het ek haar met kettings vasgemaak in die huis. Gelukkig ken my kinders hulle waardes. Ek het 2 seuns en hulle het hul eie opinies oor meisies wat alles wil vertoon. Dankie tog hulle voel soos ek. En daar is baie vrouens in SA wat net so bespotting van hulle self maak. Bedek wat bedek moet word eendag vir jou man of self jou vrou. Ek stem ook nie saam met die Moslem gelowe nie, maar elkeen het ‘n keuse om te soek wat te vinde is. Dit is hulle keuse om so te leef.

Henry ·

Dikwels die anties met die bene wat vir kickstart van Boeings bedoel is, wat so teem oor ander mense se pragtige bene en wat nog alles gewys word…
:-)

Hanna Hoekom ·

My gesig mag darem oop wees! Verder is dit die morbiede, swart langmou gewaad. Ek maak my hare toe net om nie te erg uit te staan nie aangesien ek baie lig v kleur is!

Michael ·

Manne die vrou lyk mooi niks fout met haar rok nie .Die moslem mans is die grootste klip christene onder die son.

Cherokee ·

Jy probeer inligting oordra wat almal buitendien weet maar skryf moslems met ‘n hoofletter en Christene met ‘n kleinletter. Plaas asseblief respek waar dit hoort.

benaYaHU ·

.. “respek waar dit hoort.”

Dis tog so ironies .. ‘christene’ VEREIS respek (nogals met ‘n hoofletter), maar is altyd vinnig om enige ander wat nie dieselfde ‘geloof’ handhaaf, uit te haal – asof hul nou enigsins die Waarheid het/handhaaf.
Maar nou ja – ‘it is what it it is, take it from whom it comes!’

Jollie Jacqueline ·

benaYaHu

Daar is net een waarheid, en dit is dat Jesus Christus (Yeshua), Seun van God kom sterf het vir Sy Kinders, Hy het die dood oorwin.

Delia ·

Geregtigheid…so meisies se kleredrag gee die manlike geslag genoeg rede om SEKERE GOED MET DIE MEISIES TE LAAT GEBEUR. En babadogtertjies……is hulle kleertjies ook te mooi en uitlokkend. Wanneer sal die sterker geslag verantwoordelikheid vir hulle eie aksies aanvaar. Ek hoop nie jy het seuns wat jy leer dat sekere goed aanvaarbaar is omdat meisies sekere klere aanhet.

Opstanding uit die dood ·

Die dood oorwin. ‘n God kan noe sterf nie. Nou hoe oorwin God wat noe kan doodgaan die dood?

Heid Lundie ·

Haar rok is niks erger as wat ons in Suid Afrika gereeld sien nie. Ek dink wat sy aanhet het niks met haar geloof te doen nie, maar mens adverteer nie iets wat nie te koop is nie.

Shorty ·

In daardie geval het ek n paar girls al gesien wat lewenslange tronkstraf sal kry in Suid Afrika!

Diefie ·

O genade, dan sit SA se regering hand op die blaas met die egiptenare.

sus ·

Hoe belaglik! As ek sy was het ek net eenvoudig nie teruggegaan Egipte toe nie!

Muslim mans kan maak soos hulle lekkerkry (rook, drink, hoereer) maar vrouens word steeds onderdruk, verneder, vertrap en selfs terreggestel!

Ek’s elke dag dankbaar dat ek nie in ‘n muslim land bly nie, my kop so seker lankal gewaai het!

Valerie ·

Sus, jy beskryf ‘n groot cult wat SA probeer van die ‘preekstoel’ regeer het in die 70s en 80s, en waarvan die mans nog steeds so oor vroue voel. Ja, jy weet van wat ek praat., en ek weet waarvan ek praat. En gee, en nog meer.

belaglik ·

Arabiere in daardie lande sal hewig ontken dat mense gay kan wees, dat dit glad nie bestaan nie. Maar daardie lande is die mekkas van seksuele vehoudings wat straight mans met ander mans het. Dit word net voorgegee asof dit glad nie bestaaan nie. En dit word op ‘n baie geheimsinnige wyse gedoen om nie uitgevang te word nie maar almal weet hoe die protokol werk. Sulke onderdrukte frustrasies en skynheiligheid is nie vir my nie.

Sus ek is ook bly jy bly nie in ‘n muslim land nie. Ons wil nie graag hê dat jou kop moet waai nie.

christa ·

die Egiptenare heg nog waarde aan liggame. Nie soos deesdae die vrouens hoe kaler en meer gewaagd, hoe popure lyk my hoe kaler hoe meer populer het die mensdom geword.

Rina Kotze ·

Persoonlik sien ek niks fout met die rok nie! Dit wys niks onwelvoeglik nie!

Ek is ook al lankal moeg vir die Moslem geloof met sy dubbele standaarde. die mans kan doen wat hulle wil, maar laat ‘n arme vrou dit nou doen, dan is die hel los!

As ek sy is, appelleer ek en emmigreer ek na ‘n ander, meer toegeefliker land.

DS ·

Ek kry my daaglikse dosis lag in om Maroela lesers se kommentaar te lees. Begin by die rok wat onwelvoeglik is en dan skielik word daar gestry oor watter geloof moet hoofletter en watter ene kleinletter geskryf moet word. Maar een ding wat nie oor gelag kan word nie is die feit dat mans dink as ‘n vrou kort rokke en lae halse dra dit hulle paspoort is om die vrou te “molesteer” en goedkoop kan laat voel. Dit maak julle niks beter as daai moslem mans nie!

wonder ·

REGTIG. Dan moes Niki M en al die aktrieses van Amerika dubble trippel die dood straf Gekry het…..

Siener van Melbourne ·

Ek moet elke dag opskuif om plek te maak vir ander se gelowe en beginsels, my kos is halal en kosher, my buurvrou mag met haar vriendin trou, die burqa neem die plek van my safari pak, en so voorts maar ek mag nie my bikini dra nie. WDF!

SoosDitIs ·

Vinnige geld maak storie. Dis al.

Alhoewel ek stem die rok is nie van pas nie (ja ek glo ook vroumense moet hulself respekteer) het die twee mannetjies bietjie te ver gegaan. 5 jaar tronkstraf (miskien) omdat sy waag om aan te trek waarin sy goed voel? Ag nee wat.

Hier waar ons bly, word daai rok as n kloosterkoek se klere gesien….

StrawberryBlond ·

Gooi mielies. :-) laat hulle Val waar hulle wil…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.