Aktrise se Oscar op toekenningsaand gesteel

Frances McDormand (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Die Amerikaanse aktrise Frances McDormand is weer met haar Oscar-beeldjie herenig nadat dié toekenning Sondagaand kort ná die toekenningsgeleentheid in Los Angeles gesteel is.

Die nuuswebwerf CBS berig ʼn 47-jarige man is kort ná die voorval in hegtenis geneem.

Rosario Herrera, ʼn Amerikaanse polisiewoordvoerder, het aan die webwerf gesê die man is steeds in polisieaanhouding en sy borgtog is gestel op $20 000.

McDormand se beeldjie is volgens die BBC by die Governor’s Ball, die partytjie ná afloop van die Oscars-toekenningsaand, gesteel. Die 47-jarige verdagte het vermoedelik ʼn kaartjie na die geleentheid gehad.

Die aktrise se naam was reeds op die beeldjie gegraveer voordat dit gesteel is.

ʼn Woordvoerder vir McDormand het Maandag aan USA Today gesê die aktrise is dankbaar oor die polisie se vinnige reaksie. “Fran en Oscar is gelukkig herenig en geniet ʼn In-n-Out-burger [ʼn kitskosrestaurant] saam,” het sy gesê.

McDormand is Sondagaand met dié toekenning vereer as beste aktrise vir haar rol in Three Billboards outside Ebbing, Missouri.

Die aktrise het in haar aanvaardingstoespraak onder meer verwys na diversiteit in die vorm van ʼn bykomende klousule in ʼn kunstenaar se kontrak wat bepaal dat die rolverdeling en die filmspan verteenwoordigers van verskillende kultuur- of rassegroepe betrek.

McDormand het in 1997 ook ʼn Oscar-toekenning vir beste aktrise vir haar rol in die fliek Fargo ontvang. Sy is reeds drie keer vantevore vir ʼn Oscar benoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Han ·

Vinnige optredevan die Amerikaanse polisie. Die bekendste sin in SA is: “Niemand is nog oor die voorval in hegtenis geneem nie.”

Oscar ·

Of die saak word nog ondersoek . en dan sterf dit ‘n stille dood . as ‘n Oscar in SA wegraak sal dit nooit gevind word nie, hulle spoor nie eers moordenaars op nie .. wat nog te se diewe van Oscars.

cor ·

Amper vra ek waar was dit in SA toe lees ek die VSA. Toe begin ek wonder was dit een van die herverdeelers en onteiners wat daar gaan kuier het en n kaartjie by n koruptenaar gekry het, wat in elk geval nie vergesog kan wees nie. So daar is ook herverdeelers en onteiners in die VSA en nie net in afrika nie. Oom Danald sal ook moet wakker slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.