Al-Basjir ‘tree uit’ te midde van opstand

Omar al-Basjir, president van Soedan.

Regeringsbronne het bevestig die Soedannese president Omar al-Basjir het na bewering uitgetree te midde van ʼn militêre staatsgreep in dié land in Noordoos-Afrika.

ʼn Militêre raad sal na verwagting Basjir se plek inneem. Daar word tans gewag op ʼn belangrike aankondiging wat glo binnekort gemaak sal word nadat die weermag vroeër die nasionale televisie- en radio-uitsaaier oorgeneem het.

Sky News berig Adel Mahjoub Hussein, plaaslike minister van produksie en ekonomiese hulpbronne, het bevestig gesprekke is aan die gang om ʼn militêre raad saam te stel wat aan bewind sal kom sodra Basjir uitgetree het.

Luidens berigte is die land se outokratiese leier, wat in talle lande ʼn uitgeworpene is en ook deur die internasionale oorlogsmisdadetribunaal gesoek word vir misdade teen die mensdom in Darfoer, onder huisarres saam met verskeie van sy raadgewers by die presidensiële paleis.

Betogers naby die militêre hoofkwartiere in Khartoum, Soedan [9 April 2019]. (Foto: AP)

Maroela Media het vroeër berig derduisende Soedannese, onder wie vroue en kinders, het Donderdag ʼn optog deur die strate van Khartoem na die militêre hoofkantoor gehou. Betogers buite die departement van verdediging het gedreunsing: “Dit het geval, ons het gewen”.

Hierdie verwikkelinge kom nadat Ahmed Khalifa al-Sjami, ʼn woordvoerder van die Soedannese gewapende magte, Woensdag ʼn verklaring teruggetrek het waarin hy gesê het ʼn besluit om betogers wat buite die weermag se hoofkantoor betoog gewelddadig uitmekaar te jaag is gekanselleer.

Basjir het die veiligheidsmagte vroeër vandeesweek opdrag gegee om die massabetogings te beëindig wat oor die naweek begin het. Militêre leiers het egter Basjir afgeraai om dié roete te volg uit vrees dat dit tot wydverspreide lewensverlies kan lei.

Altesaam 22 mense is sedert Saterdag dood nadat Soedannese veiligheidsmagte en betogers gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

fred ·

Zuma moes hierdie moordenaar laat aanhou het toen hy n paar jaar terug hier kom kuier het….daar was n internationaal aanhoudingsbevel uit maar die Zuma clan besluit om hom te laat loop…..soort beskerm soort

Linda Swart ·

Die ergste scenario sal wees as Basjir soos Aristide die regering gaan vra om ‘n veilige hawe en vir jare op die Suid-Afrikaanse belastingbetalers se nekke kom le. Die hemel behoed ons daarvan!

marous ·

Bwahahaha ! Hy gaan seker nou weer kom kuier . Sy een pel het nog hoenders en beeste en die ander een kan hom kits kots voer .

HPV ·

Hoop hy word uitgelewer aan die wêreldhof. Dit sal ook goed wees as die eff/blf aanhitsers en opswepers kennis neem wat word op die ou end van sulke mense, Die wêreld word klein vir hulle, bannelinge tot hul eie lande as hulle gelukkig is om nie uitgelewer te word nie.

Neels ·

El Bashir is oppad na SA gaan in Nkhandla se bunker bly en elke dag in die fire pool ontspan . Hy en ou Japie gaan nou lekker kuier om daai Blue Label whiskey en baie beplanning doen

Jerry ·

Omar se aftree bestemming gaan iewers in SA wees. Dis Virseker!

KaterinaKat ·

Wow sterkte aan diegene wat hom gaan huisves en met hom sosiaal gaan verkeer. Hy lyk maar vir my na n moeilike mens en n opperste suurknol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.