Hoewel die tiener-treffermaker Olivia Rodrigo tydens vanjaar se Grammy-toekennings met nie minder nie as drie pryse huis toe gegaan het, het die popgenre nie soos gewoonlik koning gekraai by musiek se grootste toekenningsgeleentheid nie.
Wenners van die glansgeleentheid se hoofkategorieë het ook die Amerikaanse jazz-sanger Jon Batiste en die R&B-superduo Silk Sonic – wat bestaan uit Grammy-wenner Bruno Mars en sanger en kletsrymer Anders – ingesluit.
Twee Suid-Afrikaners het ook vanjaar op die Grammy-verhoog, wat vanjaar in Las Vegas aangebied is, gepronk.
Trevor Noah, die Suid-Afrikaanse komediant en Daily Show-aanbieder, was vir die tweede keer hoofaanbieder by vanjaar se toekenningsgeleentheid en die Suid-Afrikaanse platejoggie Black Coffee se album Subconsciously is aangewys beste dans- of elektroniese album.
Hier is ’n lys van wenners in die hoofkategorieë vir die 64ste jaarlikse Grammy-toekennings.
- Album van die Jaar
Jon Batiste – We Are
- Opname van die Jaar
Silk Sonic – “Leave the Door Open”
- Liedjie van die Jaar
“Leave the Door Open” – Brandon Anderson, Christopher Brody Brown, Dernst Emile II en Bruno Mars, liedjieskrywers (Silk Sonic)
- Beste nuwe kunstenaar
Olivia Rodrigo
- Beste musiekvideo
Jon Batiste – “Freedom”
- Beste Rap-album
Tyler, The Creator – Call Me If You Get Lost
- Beste kletsrym-vertoning
Baby Keem met Kendrick Lamar – “Family Ties”
- Beste rockalbum
Foo Fighters – Medicine at Midnight
- Beste pop‑ vokale album
Olivia Rodrigo – Sour
- Beste pop-uitvoering (solo)
Olivia Rodrigo – “Driver’s License”
- Beste popduo/groepvertoning
Doja Cat met SZA – “Kiss Me More”
- Beste tradisionele pop‑ vokale album
Tony Bennett en Lady Gaga – Love for Sale
- Beste country-album
Chris Stapleton – Starting Over
- Beste wêreldmusiek-album
Angelique Kidjo – Mother Nature
- Beste musiekvideo
Jon Batiste – “Freedom”