Al Jazeera-joernalis ‘dalk nie opsetlik’ geskiet

Die veteraan joernalis Shireen Abu Akleh is in Jenin doodgeskiet. (Foto: AFP)

Amerikaanse owerhede sê daar is geen bewyse dat Shireen Abu Akleh, die Al Jazeera-joernalis wat in Mei in die stad Jenin in die noordelike Wesoewer noodlottig gewond is, opsetlik geskiet is nie.

Dit volg nadat Amerikaanse kenners die koeël ondersoek het wat Akleh getref het en die Palestynse owerheid volgehou het dat Israel haar doelbewus geteiken het. Israel het hierdie bewering ontken en die koeël ook in ’n laboratorium laat ondersoek.

Die ondersoek kon egter nog nie bepaal waar die skoot vandaan gekom het nie.

Die ondersoek is deur twee lede van die span van die Amerikaanse veiligheidskoördineerder (USSC), wat met die Palestynse owerheid skakel oor veiligheidsbystand, uitgevoer.

Akleh is op 11 Mei tydens ’n Israeliese militêre operasie in Jenin doodgeskiet. Haar kollega, Ali Samoudi, is in die rug geskiet. Die konflik tussen Israel en Palestina woed al jare.

Die VSA het aanspreeklikheid vir Akleh se dood geëis, maar het nie aanbeveel dat Israel ʼn kriminele saak aanhangig maak nie. Die Israeliese weermag sê hulle ondersoek steeds die dood.

“As ʼn professionele militêre mag moet die Israeliese weermag stappe oorweeg om toe te sien dat so iets nie weer kan gebeur nie,” het Amerikaanse owerhede gesê.

Senior Palestynse amptenare het die VSA daarvan beskuldig dat hulle die waarheid toesmeer.

Die familie van Akleh, wat Amerikaanse burgerskap gehad het, het gesê dit is “ongelooflik” dat die ondersoek nie kon bepaal wie se geweer die skoot afgevuur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henri ·

“Die veteraan joernalis Shireen Abu Akleh is Woensdag in Jenin doodgeskiet. (Foto: AFP)”

MM, julle onderskrif is verkeerd. Sy is in Mei vermoor. Verwyder my kommentaar wanneer julle dit reggestel het.

marius ·

Dit het niks met Amerika uit te waai nie . Hulle druk hul neuse orals in !

Jr ·

En sy is die “EERSTE OORLOG KORRESPONDENT” om geskiet te wees??? . Climb Everest maak vrede jy kan sterf. Ry F1 maak vrede jy kan sterf. Klim berg, maak vrede met feit dat jy kan sterf. Word n oorlog korrespondent maak vrede dat jy kan sterf, anders WAT DOEN JY DAAR

Niklaas ·

Daardie beroep as oorlogs korrespondent dra vele risikos. En VSA burgerskap sal nie vir jou vrywaar teen die kans van doodskote nie.

Korrelkop ·

Hierdie joernaliste leef op cloud cuckooland… as jy in ‘n oorlog-zone rondbeweeg, is daar ‘n kans dat jy getref gaan word. ‘n Dwaalkoeël vra nie waarvandaan jy is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.