Al-Kaïda-leier dood in Amerikaanse aanval

Kasim al-Raimi (Foto: Twitter/BBC)

Amerika het verantwoordelikheid aanvaar vir die moord op Kasim al-Raimi, die leier van die terreurgroep Al-Kaïda op die Arabiese skiereiland (AQAP).

Gerugte rakende Al-Raimi se dood word reeds sedert verlede maand versprei. Die Amerikaanse president Donald Trump het nou in ’n verklaring bevestig dat Al-Raimi gedurende ’n Amerikaanse militêre operasie in Jemen dood is. Die president noem egter nié wanneer die aanval plaasgevind het nie.

“Sy dood verswak die AQAP en die wêreldwye Al-Kaïda-beweging. Dit bring ons nader aan ons doel om die bedreigings wat hierdie groepe vir ons nasionale veiligheid inhou, uit te skakel. Die Verenigde State, ons belange en ons bondgenote is veiliger as gevolg van sy dood,” lui die verklaring.

Die jihadleier is in die 2000’s verbind met ’n reeks aanvalle op Westerse belange. AQAP is in 2009 gevorm en Al-Raimi het die leierskap van Al-Kaïda oorgeneem nadat sy voorganger ook gedurende ’n Amerikaanse hommeltuigaanval dood is.

Bronne: BBC, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nardus ·

Amerika is verantwoordelik vir die dood van n teroris. Geen moord is gepleeg nie. Asb maroela kom reg.

Cherokee ·

Soos Nardus uitwys, woordgebruik moet reg wees, want verkeerd (of anders) gesê mag dui op kompleet ‘n ander siening. In oorlog word nie moorde gepleeg nie, maar die vyand word uitgewis.

Vriendelike Frikkie ·

Onthou, die media gebruik sulke subtiele woordspelings om opinies en gevoelens te manipuleer. Die woord “moord” is doelbewus gebruik om die negatiewe gevoelens jeens Amerika aan te blaas. Was gladnie ‘n groentjie joernalis wat hier geskryf het nie.

Sobymykoolkop ·

Vermoor? Dis ń terroris wat deur ń demokratiese land tereg gestel is vir vir moord op onskuldige mense. Maroela , hou asb op met polities korrekte beriggewing.

andre ·

Stem saam Nardus en Francois. Kasim is die moordenaar en die VSA het sy moorde gestop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.