Al meer Russiese soldate in Sirië ontplooi

Pres. Al-Assad. Foto: Wikimedia/Fabio Rodrigues Pozzebom/ABr

Pres. Al-Assad. Foto: Wikimedia/Fabio Rodrigues Pozzebom/ABr

Volgens berigte gaan Rusland die diktatuur van pres. Basjar al-Assad van Sirië steun in ’n poging om die fokus op die IS as wêreldvyand te vestig.

Militêre magte word gestuur om die Assad-regering te ondersteun en Russiese vlieëniers kry hulself gereed om saam met die Siriese lugmag te op te tree teen die IS en alle anti-Assad rebelle.

Die Bosphorus Naval News het op 22 Augustus berig’n Russiese vegskip wat deel is van Rusland se Swart See-vloot, het verby Istanboel gevaar op pad na ʼn onbekende plek in die Middellandse See. Die vermoede is dat dié vaartuig tans naby die Latakia-provinsie, die Siriese kusgebied, is. Dit is ook waar Assad tans glo met sy familie skuil.

YNET, ’n Israeli-nuusportaal, het Maandag berig dat ʼn groot Russiese mag in Damaskus aangekom het. Volgens YNET sal duisende Russiese militêre personeel binnekort in Sirië aankom. Dit volg op ’n samewerkingsooreenkoms tussen Rusland en Iran met die oogmerk om Assad te steun en sodoende die stryd teen die IS te beëindig.

Syria Net het ook berig dat al meer Russiese gevegseenhede in die stad Salfana in die provinsie Latakia opdaag. Op dié Hezbollah-beheerde TV-stasie het Assad gesê: “Ons het sterk vertroue in die Russe aangesien hulle die afgelope vier jaar bewys het hulle is opreg en reguit in hul verhouding met ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nardus ·

Magsopbou om n basis teenaan Israel te verkry. Maar God self sal Israel beskerm en die Russe uitsort.

Pieter V ·

Hier steek meer in as net hulp aan Al Assad . Gaan daarom om so die islamitiese lande tot hulp te wees met aanvalle teen die Israelis As al die sg. gematigde moslems saam staan,, kan hulle die IS verslaan,maar dit is makliker om na die weste te vlug en dan bakhand staan en die weste moet vir hulle sorg , en nie lank dan begin hulle eis,want van die radikales en krimenele het saam gevlug . Die feit dat die Russe op trek na die midde ooste is n bewys dat die bybelse profisiee bewaarheid word.

Rynhardt ·

Die ontplooiing van Russiese soldate in Sirie wys dat pres.Putin en Rusland weet wat aan die broei is.Die hele midde-Ooste gaan in groot ellende gedompel word en gaan verder uitkring tot nog groter konflik! Die opbou van magte wys die Russe weet iets!

Alf ·

Dit is hoogtyd dat die Russe vat wat hulle toekom, mooi so Putin

jacques ·

Mooi Putin dis tyd dat iemand ISIS aanvat waat nie wat die US maak daar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.