Alaska: Oorskot moontlik dié van vermiste gesin

Die vermiste gesin.

Die vermiste gesin.

Menslike oorskot wat in ʼn woud in die suide van Alaska gevind is, is moontlik dié van ʼn gesin wat tien maande gelede spoorloos verdwyn het.

CNN berig die oorskot is Saterdagaand gevind deur ʼn bestuurder wat ʼn roete deur die woud in Kenai gery het. Volgens die polisie is daar items op die toneel gevind wat glo aan die vermiste gesin behoort.

Brandon Jividen (38), sy vriendin Rebecca Adams (23), haar twee dogters Michelle (6) en Jaracca (3) en die gesin se hond het in Mei verlede jaar spoorloos verdwyn.

Volgens die Daily Mail is die oorskot sowat 3 km van die gesin se huis gevind. Die polisie het glo gesê dat daar in dié stadium nie vuilspel vermoed word nie, maar dat die ondersoek steeds aan die gang is. Die polisie wou nie meer besonderhede bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.