Alexei Navalny: Spore van senumiddel op waterbottel in hotelkamer gevind

Alexei Navalny in 2019. (Foto: Alexander Zemlianichenko/AP)

Kollegas van die Russiese opposisieleier Alexei Navalny het Donderdag gesê spore van die dodelike senumiddel Novichok is op ʼn bottel water in Navalny se hotelkamer gevind kort ná sy vergiftiging verlede maand.

Navalny se span het Donderdag in ʼn video op Instagram gesê hulle het op 20 Augustus – sowat ʼn uur nadat hulle gehoor het Navalny het op ʼn vlug na Moskou siek geword – ondersoek ingestel in die hotelkamer in Tomsk, Siberië, waar die opposisieleier die vorige aand oornag het.

Die span het saam met ʼn prokureur die hotelkamer gefynkam en op verskeie waterbottels en ander items beslag gelê sodat dit getoets kon word.

‘n Bewustelose Alexei Navalny is verlede maand op ‘n draagbaar van die vliegtuig afgetel nadat dit in Berlyn geland het. (Foto: Michael Kappeler/dpa via AP)

“ʼn Duitse laboratorium het twee weke later spore van Novichok op ʼn bottel in die Tomsk-hotelkamer gevind. Nog drie laboratoriums wat Alexei se monsters geneem het, het intussen bevind dat hy daarmee vergiftig is. Nou verstaan ​​ons: Dit is gedoen voordat hy sy kamer verlaat het om lughawe toe te gaan.”

Daar is aanvanklik gedink dat gif in sy tee op die lughawe gemeng is voordat hy die betrokke dag sy vlug na Moskou van Tomsk gehaal het.

Navalny is nou, sowat drie weke later, nie meer aan ʼn ventilator gekoppel nie en kan vir kort tye op ʼn slag uit sy hospitaalbed in Duitsland opstaan.

Die Kremlin word steeds van sy vergiftiging verdink aangesien dit dieselfde tipe senumiddel uit die Sowjet-era is wat ook in 2018 gebruik is in ’n aanval op ’n voormalige Russiese spioen.

Rusland ontken die bewerings ten sterkste en vra dat Duitse dokters Navalny se toetse en ander mediese gegewens of aantekeninge beskikbaar stel aan die Russiese dokters wat aanvanklik geen spoor van gif in sy stelsel gevind het toe hy in ʼn hospitaal in Omsk behandel is nie.

View this post on Instagram

Откуда взялась злосчастная бутылка? Давайте объясним, откуда взялось то, про что нам непрерывно задают вопросы. Так называемая “бутылка с «Новичком»”, ну, а точнее, обычная пластиковая бутылка из-под воды, на которой потом в немецкой лаборатории обнаружили следы боевого отравляющего вещества.  Это бутылка из номера в томской гостинице, где останавливался сам Навальный и вся наша съемочная группа.  Перенесемся обратно в 20 августа. В этот день часть нашей команды улетела в Москву, часть осталась в Томске доделывать видео. В полете Алексей потерял сознание и начал задыхаться, самолёт экстренно сел. Почти сразу сотрудники ФБК, которые остались в Томске, узнали о случившемся. В этот момент была сделана единственно возможная вещь. Они вызвали адвоката, поднялись в номер, из которого только что выехал Навальный, и начали фиксировать, описывать и упаковывать все, что там нашли. В том числе, и бутылки из-под гостиничной воды.  Как это происходило, вы можете посмотреть на этом видео.  Никакой особой надежды что-то такое обнаружить не было. Но поскольку нам было абсолютно ясно, что Навальный не “слегка заболел”, не “перегрелся” и Рафаэлкой здесь не поможешь, было решено забрать все, что может хоть как-то гипотетически пригодиться, и передать это врачам в Германии. То, что дело расследовать в России не будут, тоже было достаточно очевидно. Так и вышло: прошел почти месяц, Россия так и не признала отравление Алексея. Спустя две недели именно на бутылке из томского номера немецкая лаборатория обнаружила следы «Новичка». А потом еще две лаборатории, которые брали анализы у Алексея, подтвердили, что Навальный был отравлен именно им. Теперь мы понимаем: это было сделано до того, как он покинул свой номер, чтобы поехать в аэропорт. Сегодня в 20.00 в передаче «Россия Будущего» на ютюб-канале Навальный LIVE Георгий Албуров @alburov расскажет подробности.

A post shared by Алексей Навальный (@navalny) on

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
annie

Kan ons nie die arme man hierheen nooi nie… of geld skenk nie? Dit moes’n erge lyding gewees het en hy het so ‘n oop gesig. Aaitoggie, Dalk kan hy hier in die Kaap kom bly. Ons sal vir hom sorre.