Alfie Evans sterf

Alfie Evans het op 28 April 2018 in die vroeë oggendure gesterf. Foto: Facebook

Klein Alfie Evans, die 23 maande oue peuter van Liverpool in Engeland wie se ouers maande lank in ʼn regsgeding gewikkel was om vir hul seun alternatiewe mediese sorg te bekom, het Saterdagoggend gesterf.

Alfie se ouers, Tom Evans en Kate James, het die tragiese nuus op Facebook bevestig. “My gladiator het sy skild neergelê en sy vlerke gekry om 02:30. Absoluut hartverskeurend. Ek is lief vir jou, my seun,” het Tom geskryf.

Maroela Media het vroeër berig Alfie se storie het harte oor die hele wêreld aangegryp terwyl sy ouers desperaat geveg het om hul seun aan die lewe te hou. Alfie het aan ʼn degeneratiewe breintoestand gely wat hom sedert Desember 2016 in ʼn half-vegetatiewe toestand gelaat het. Hy was deurentyd aan masjiene gekoppel wat hom aan die lewe gehou het in die Alder Hey-kinderhospitaal in Liverpool.

Nadat dokters by die hospitaal gesê het enige verdere behandeling is tevergeefs en Alfie se lewensondersteunende masjiene moet afgeskakel word sodat hy toegelaat kan word om te sterf, het Alfie se ouers hulle téén die besluit tot die howe gewend. Tom en Kate wou graag vir Alfie na Italië neem om gespesialiseerde mediese behandeling te ontvang.

Die ouerpaar se saak het tot in die Britse hooggeregshof en die Europese Menseregtehof gedraai. Die Britse appèlhof het uiteindelik beslis dat die masjiene wat Alfie aan die lewe hou wel afgeskakel moet word en die beslissing is Maandag deurgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

sterkte aan ouers, riv alfie, die Here het gegee, die Here geneem

Oom Kalahari ·

Dit is so hartseer en was ‘n moedige geveg van die Ouers wat so lief was vir hul kleintjie en ongeag van sy toestand. Wat ook geweldig hartseer en frustrerend is dat mense in howe kan besluit oor lewe en dood waar die Hemelse Vader lewe sal skenk en gaan neem. Die mens wil op elke vlak God’s werke oorneem en sodanig optree, want Sy Woord word betwyfel en die duiwel wandel ooral met plesier. Mag Alfie rus en vrede vind in die Huis van die Hemelse Vader en so onskuldige ou kleintjie wat vaarwel moes roep op die besluite van mens. Alle simpatie aan die Ouers en wens hul alle sterkte toe deur hierdie rou tydperk.

Melinda Marshall ·

May God bless his soul and may God be with the parent’s. He will comfort you with His love! This was God’s will. R I.P.

TLC ·

Ek het Alfie se storie gevolg en dit was n 50/50 saak by my. Wou hě die ouers moet laat los sodat Alfie nie moes ly. Dan weer was dit my kind sou ek ook n bittere stryd baklei het solank daar nog n asempie was So baie sterkte aan familie. Hy het nou sy vlerkies en is vry van als wat hom aan die lewe gehou het AMEN

Avra ·

Hartverskeurend. So n Jong boompie so vroeg verplant….. Hoe troops mens die ouers

Johann cb ·

Sy dood is baie hartseer, maar dalk beter – hy sou nie ‘n normale lewe kon lei nie. Baie sterkte aan sy ouers.

Beter so ·

Arme kind het net gely. So jammer…
Daar was hoop – hy het sonder masjiene geleef vir n ruk – tog het die pa (in vorige artikel) gesê “almal sê dis n wonderwerk, maar dit is nie n wonderwerk nie”
Nou ja, as jy nie die Here se wonderwerke wil erken en belei nie….
Uiteindelik kan klein Elfie in vrede rus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.