Algerynse-vlugramp: Kans vir oorlewendes skraal

Argieffoto (Air Algerie)

Argieffoto (Air Algerie)

Frankryk se minister van vervoer het Vrydag gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat daar enige oorlewendes is nadat Air Algérie se vlug AH5017 in Mali neergestort het.

Vlug AH5017 het gister van die radar verdwyn kort nadat bemanningslede lugbeheer versoek het om hul roete te verander weens gure weer. Dit was sowat 50 minute nadat die vliegtuig opgestyg het.

Die vliegtuig het in Ouagadougou, die hoofstad van Burkina Faso, opgestyg en was onderweg na Algiers. Volgens berigte was daar 110 passasiers en ses bemanningslede aan boord die vliegtuig.

Frederic Cuvillier, Frankryk se minister van vervoer, sê militêre magte is onderweg na die ongelukstoneel. Daar was 51 Franse burgers op die vliegtuig.

Dié ongeluk kom nadat ‘n vliegtuig van TransAsia Airways Woensdag in stormweer in Taiwan neergestort het. Altesaam 58 mense is in die ongeluk dood.

Vlug MH17 van Malaysia Airlines is verlede week oor Oekraïne neergeskiet. Dié tragedie het die lewe van 298 mense geëis.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.