Alle Christchurch-slagoffers uitgeken

Massa-skietery in Nieu-Seeland (Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Al 50 slagoffers wat dood is in ʼn terreuraanval op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, is formeel uitgeken.

Mike Bush, polisiekommissaris, het aan verslaggewers gesê die liggame van die slagoffers kan nou aan hul families oorhandig word wat lank moes wag om hul geliefdes finaal te groet.

Meer as 120 persone, insluitend polisiebeamptes, weermag-patoloë en forensiese tandartse was betrokke by die uitkenningsproses. Die oorskot van ʼn groep slagoffers is Dinsdagaand vrygestel en die eerste begrafnisse het Woensdag plaasgevind. ʼn Reeks begrafnisse is intussen in Christchurch gehou.

Minstens 49 persone is op 15 Maart 2019 dood tydens ʼn massaskietery by twee moskees vol aanbidders in Nieu-Seeland wat Vrydagoggend ʼn gebedsbyeenkoms bygewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Dit bly’n groot tragedie. Aanvalle op moskees, tempels en kerke moet gestaak word. Godsdiensvryheid is van kardinale belang.

willem Botha ·

Muslim kan nie verwag om spesiale behandeling te kry in lande waar hulle gaste is nie terwyl vreedsame christene in muslim lande vervolg en vermoor word nie.

HPV ·

TN, ek lees nie dat Willem moorde op moslems goedkeur nie, maar wel dat hy moorde op Christene veroordeel en afkeur. Christene word daagliks deur Islam radikale onthoof en op die wreedste maniere vermoor maar kry nie dieselfde simpatie in media dekking nie. “Google” Islamitiese Staat…Syria…Christene..

Gustav ·

Ek wonder of iemand soos Isis n wraakaanval in NZ beplan. Sal nie verbaas wees nie. Ewe skielik is NZ met sy goor weer ook nie meer so veilig soos n paar jaar gelede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.