Alle katte hier gesteriliseer

Argieffoto (Foto: Sbringser, Pixabay)

Die Vlaamse parlement het in ’n marathonsitting voor die Kersreses verskeie wette aangeneem wat die oë laat rek.

Een hiervan is dat alle huiskatte in Vlaandere wat na September 2014 gebore is, gesteriliseer moet word. Die proses moet teen 2020 voltooi wees, aldus De Standaard.

Stede en munisipaliteite sal elk weer plan moet maak met die probleem van rondloperkatte.

Mense wat met katte wil teel sal aansoek moet doen om geregistreer te word.

Nog ’n wet lui dat dit van aanstaande jaar af onwettig sal wees om op ‘n skooltetrrein te rook – ook na-ure en by ander funksies sal dampies elders gemaak moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

A Mac ·

Die katsterilisasie klink vir my na ‘n puik idee. Dan sal jy nie kort-kort ‘n paar klein katjies langs die pad optel nie en die SPCA sal ook nie nodig hê om so baie katte uit te sit nie.

Lizelda ·

Dit sal fantasties wees as dit ook in SA Kan gebeur. Net te veel diere ly onder mense wat te suing is om te steriliseer.

Veritas ·

Lizelda, die probleem is nie soseer suinigheid nie. Die probleem is die hoë koste daaraan verbonde.

Basjan ·

Veritas, ‘n sterilisasie is ‘n taamlik delikate operasie. Die veearts moet gebruikmaak van’n assistent. Sorg moet gevra word dat die operasie onder steriele omstandighede plaasvind. Dan is daar nog die nasorg van die troeteldier waarna omgesien moet word. Die veearts het dan ook nog lopende kostes soos water, elektrisiteit, huur en salarisse van ander personeel. As ‘n moens al hierdie kostes bymekaartel, kan dit op ‘n aardige bedraggie uitloop.

jaco ·

dit moet wonderlik wees om in so n land te bly. ek weet kerke is leeg daar, maar dis n bitter klein prys om te betaal vir n land waarin die volgende goed NIE voorkom nie:
beurtkrag
vuil swak staatshospitale
swak onderwysstelsel
regstellende aksie wat besig is om party mense PERMANENT werkloos te maak, terwyl dié wat wel werk kry, nie juis opleiding of ondervinding vir die werk het nie
plakkerskampe
een derde van die bevolking werkloos
misdaad buite beheer
Nkandla tipe paleise vir politici gebou met belastinggeld
en en en…

Adam ·

Lyk my jy dink dit sal beter werk as ons die mense steriliseer.

if you knew ·

“…bitter klein prys….” dis n ernome fiasko. met die regte benadering sal die ander probleme ook verander ten goede.

Alida ·

Ai Jaco wat het die katte met jou kommentaar te doen. Dis wonderlik om alle katte te sterliseer.

Chris Ws ·

Ons het twee katte en ‘n hond.Al drie is gesteriliseer.Maar ons het familie wat beslis TE SUINIG is om hul diere te laat steriliseer en dit lei tot baie frustrasie en hartseer vir ek en my vrou as diere liefhebbers.Sulke mense hoord verbied te word om enige diere aan te hou.
Die Vlaamse wet ivm katte moes hier ook kon toegepas geword het.Iemand het juis die’ naweek ‘n klein katjie naby ons opstal afgelaai.Gelukkig het hy/sy gou ‘n goeie huis gekry by familie wat van ver af kom kuier het.

Hanlie ·

Daar moet maar altyd n wet uitgevaardig word, waar almal onder dieselfde kam geskeer word, wanneer mense nie sélf verantwoordelik kan wees nie.

Dit is egter nét die huiskatjies wat gesteriliseer kan word…tensy die wilde outjies gevang en gefix word. Ons moet ook altyd in ag neem dat die wilde katte deel vorm van n baie belangrike eko-sisteem -daarvoor sal ook plan gemaak moet word.

As jy n troeteldier wil aanhou het jy gekies om hom/haar te TROETEL en te versorg. Ek stem saam, katte sowel as honde moet beslis gesteriliseer word.

Telers kan permitte kry.

Jacques venter ·

Een kat wyfie wat wou trou het vir 3 nagte vir ons bruilof musiek verskaf. Nie sy nie maar die talle minnesangers wat haar skoonheid besing het.
Steriliseer n kat en jy ontneem jou bure van pragtige musiek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.