Alle oë nou op Boris Johnson

Boris Johnson, nuwe leier van die Britse Konserwatiewe Party, in Londen (23 Julie 2019) (Foto: AP Photo/Frank Augstein)

Boris Johnson, wat Dinsdag as die nuwe leier van die Britse Konserwatiewe Party verkies is, sal vandeesweek as die volgende eerste minister aangewys word.

Hy het dan net meer as drie maande om seker te maak hy doen gestand aan sy belofte om die land uit die Europese Unie te lei.

Johnson, een van Engeland se bekendste en mees verdelende politici, het sy mededinger, Jeremy Hunt, geklop toe hy tweederdes van die stemme ontvang het ná ʼn verkiesing waaraan ongeveer 160 000 partylede oor die Verenigde Koninkryk heen deelgeneem het. Hy sal Woensdag as die eerste minister ingehuldig word tydens ʼn formele oorhandiging van Theresa May.

Hy het tydens ʼn kort toespraak aan honderde partylede en wetmakers, wat vir die aankondiging bymekaargekom het, gesê hy is baie optimisties en hy het onderneem om Brexit te laat voortgaan, die land te verenig en Jeremy Corbyn, leier van die opposisieparty, te oorwin. “Ek dink ons weet ons kan dit doen, en die mense van hierdie land vertrou ons om dit te doen en ek weet ons sal dit doen,” het Johnson, ʼn voormalige burgemeester van Londen en minister van buitelandse sake, gesê.

“Vir almal wat twyfel, sê ek: Dude, ons gaan energie terugsit in die land. Ons gaan Brexit gedoen kry.”

May het uitgetree ná die parlement herhaaldelik onttrekkingsooreenkomste, wat sy met die Europese Unie opgestel het, verwerp het.

Johnson hou vol hy kan die EU oortuig om weer te onderhandel – iets wat die 28 lande aangedui het hulle nie gaan doen nie. As dit nie gebeur nie, het Johnson gesê sal Brittanje uit die EU teen die sperdatum onttrek, “maak nie saak wat nie”.

Die EU hou vol dat hy nie weer sal onderhandel ná die ooreenkoms wat hy met May aangegaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Veronica ·

Met daai kapsel kan hy maklik deur gaan as familie van Trump! (;

Swanna ·

Jy is reg Veronica. Hy moet net sy hare ‘n bietjie beter deurmekaar krap in ‘n styl dan sal hy deurgaan as Trump se klein boetie. Wha haha.

Gert van Wierdapark ·

Dis korrek! Die Engelse het nou hul eie “Troef”!!! Come what May!

Peet ·

Goeie nuus. Nog ‘n behoudende wat die die geklike klomp liberaliste lekker in die bek gaan ruk!

Franna ·

Jy is reg Melanie, die wat hom as held beskou het duidelik geen idee watse gevaar hy inhou vir die UK nie

Kallie ·

Nou moet hy net sy pa help. Die man het al sy tennisbekers verkoop en skuld nog steeds baie geld.

Joke! ·

Wel wat ok al daar gebeur gaan interesant wees! Hoe ironies dat die Engelse vir eeue lank genadeloos ander lande ingeval en vir hulself geanekseer het asof daar niks fout is nie! Nou dat die ander nasionaliteite van lande wat verbrand en geplunder en ontneem is van hul regte en kultuur deur dieselfde einste Engelse wat nou wil keer vir n vale dat hulle ingeval word….Ai wat n klomp hipokrate al dan nie ! Kom Engeland deel die liefde wat jul vir so lank uit gedeel het!

Jimmy ·

Moet sê, met die koninglike gesin wat op en af paradeer met mooi uniforms begin Brittanje al hoe meer lagwekkend lyk. Vasgevang êrens in die verlede, totaal onbelangrik in die wêreld. Geen Brexit ooreenkoms kan die VK se einde beteken.

Piet ·

Soos Trump moet ‘n mens na die keuse van leiers kyk. Ten spyte van sy ‘image’ het die VK nou rigting. Die pogings om sg. diversiteit in res van Europa te vestig is stadig maar seker te ‘flop’. So. Gee vir Boris ‘n kans. Lande kan net sóveel parasietisme verdra.

anton ·

Wel as die meerderheid mense vir hom gestem het, moet daar tog sekerlik n goeie rede voor wees!!! Dit is dan wat die meerderheid van Engeland se mense wil he.
Dink hulle behoort te weet wat in hulle eie land aangaan of hoe?

Nooit ·

Anton, hulle het vir Brexit ook gestem sonder die vaagste benul van die praktiese en ekonomiese implikasies. Ons hoop en bid maar dat hy nie ‘n tweede Trump is nie.

Dries du Toit ·

Johanna en Franna, dit is wat almal gese het van Trump. Vandag is die beste, sterkste en magtigste leier ter wereld

Stomgeslaan ·

As jy ‘n narsisistiese, seksistiese, rassistiese persoon met geen idee hoe die wêreldekonomie werk nie en nooit bereid is om na ‘n ander se opinie te luister nie as die beste wil beskou.

dennis jones ·

die EU gaan net oor Duitsland almal moet na hulle pype dans

John ·

Dennis, ek stem. Met die nuwe hopelose EU-leier, Angela se liefling-keuse soos ook haar opvolger, gaan die Duitsers se ware planne, nl Europese oorheersing/onderdanigheid begin deurskemer. Die kille soene wat May telkens laat swymel het, gaan nie Boris hondhaaraf maak nie; Duitsland en die ander slapstert EU-leiers gaan niks daarvan hou nie. Mens hoor al hoe stamp Angela haar voetjies. Sy moet net oppas vir die ouder-dom-sbewerasies.

Stebastiaan ·

Hoop maar net hy bring stabiliteit in hierdie deurmekaar wêreld!!

O wee! ·

Ek hoop maar dit sal goed gaan daar met Mnr Boris Johnson Junior Trump aan die stuur van sake van die eens magtigste Empire in die wêreld. Hoekom lyk die een amper soos die ander amper soos vinkel en koljander?

So terloops, die mensdom is verganklik en bitter tydelik, vandag die sogennamde magtigste, sterkste en beste volgens sommiges en môre weg, verbitterd en vergete. Dit is maar hoe dit is, vir eeue al. En so sal dit altyd wees.

Adri ·

Trump het meer gedoen vir die VSA as sy twee voorgangers tesame. Boris Johnson sal dieselfde vir Britanje doen ongeag of die media hom gaan afbreek. Ons moet nie alles glo wat die media opdis nie. Ek glo ons in SA kort ‘n Trump of ‘n Johnson.

anton ·

Wel as hy n 2 de Trump is, gaan Engeland net baie beter af wees en dit is n feit soos n koei!!!

Politieke sienswyses veskil ·

Opinies en persoonlike bewerings dat Trump meer gedoen het vir die VSA as sy voorgangers is slegs persoonlike opinies en stellings wat gebaseer is op persoonlike oortuigings. Daarom sal dit nie almal oortuig om dit te glo nie. Bewerings soos dat die sogenaamde media iemand afbreek of in ‘n slegte lig stel is bloot net gebaseer op persoonlike gevoelens en een van die redes waarom die media geblameer word omdat hulle die waarheid vertel is dat nie almal van die waarheid hou nie want die waarheid ontbloot die realiteit.

Nietemin die wêreld soos wat dit is, bly ‘n werklikheid – dat dit ‘n onvolmaakte plek is. Mense het almal voete van klei en foute. Elkeen glo dus wat hulle wil want almal vrees die hede en die toekoms op een of ander manier vanuit hulle raamwerk en die leefwêreld wat aan hulle bekend is. Mense sal dus leiers aanhang of ondersteun wat hulle menslike vrese en begeertes die beste kan aanspreek en sal dus die werklikheid of waarheid in geheel of selektief uitsny soos wat dit hulle gemaklik sal laat voel.

Die ongemaklike waarheid ·

Ek persoonlik glo nie dat Trump ‘n goeie politieke leier is nie en Johnson ook nie. Ek glo ook ook nie dat die hoofstroom gerespekteerde media hulle doelbewus in ‘n slegte lig probeer stel nie. Hulle doen dit self. Hulle stel hulle self op ‘n daaglikse basis in ‘n slegte lig deur dit wat hulle sê, doen en nie doen nie. Hulle onvolmaakte verlede is ongelukkig ook reeds deur hulle self geskryf.

Trompie ·

Ek stem saam! Enigiemand wat glo dat Johnson wondere gaan verrig, wag tot Skotland uit die VK gaan, dis aan die kom. Amerika en die trotse Trump aanhangers in ons land, gee geskiedenis ‘n kans. Daar is niks so beduidend as ‘n toekoms wat die foute van die verlede uitwys. En ek is nie liberaal nie, inteendeel, baie konserwatief. Tog, Trump is soos Johnson ‘n selfgesentreerde ego-maniak, wat geen idea oor orde of dekorum besit nie.

gatiep ·

Nou gaan hulle seker weer alles probeer uitgrawe van hom soos Trump, tensy hy eintlik vir die ander span werk.
Mens kan nou maar net verder kyk wat media se van hom om te weet of hy goed of sleg is.Alles wat hoofstroom media se kan mens net teenoorgestelde vat om waarheid te weet.

2 fake Donald Ducks? ·

Trompie jy is so reg hulle ego’s en selfgesentreerdheid, veral Trump, in vele opsigte is kommerwekkend. Hulle is beide op sy beste gestel baie twyfelagtige leiers. Van wêreldgehalte is hulle beslis nie vir my nie, baie klatergoud en geraas en egoisme – ja dit is beslis daar. Maar klatergoud se glans verdof maar.

Happy ·

Duidelik spandeer die wat Tromp so kritiseer te veel tyd op sosiale media. Die VK sal maar net kan wens dat hy dieselfde vir hulle kan beteken as Tromp vir die VSA. Laagste werkloosheid op rekord, sterktse ekonomie in ‘n generasie.

Wel, vir party is dit seker belangriker as die leier goed gemanierd is, dan kan hulle gelukkig voel terwyl hulle onder koerante slaap. Gee my eerder ‘n buffel en ‘n goeie ekonomie.

Lizzie ·

Julle in SA wat so teen Trump is, bid liewer julle het hom as president gehad, maar ag die ou Afrikaner nasie kan tog nooit saamstaan nie dis waarom julle land in so n gemors is en daar sal bly, en dan kla julle????

Trompie ·

Lizzie, sê jy wat nie eers hier is nie! Maklik om ons hier te vertel wat ons is nê? Moenie realiteit verloor nie. As ons ‘n keuse gehad het om ook die regte persoon te kry, was jy seker nog hier, of hoe?

Johann ·

Trump en Johnson sou heel moontlik nie verkies gewees het as daar nie ‘n daadwerklike probleem was waarmee die landsburgers gekonfronteer was nie. As ‘n kandidaat egter ‘n maklike oplossing vir ‘n oënskynlike komplekse probleem bemark, beteken dit dikwels een van twee dinge: 1) Niemand anders het die wysheid of wilskrag of vaardigheid gehad om die eenvoudige oplossing te identifiseer of the implementeer nie of 2) Die eenvoudige oplossing is nie ‘n oplossing nie, maar ‘n doelbewuste misleiding of ‘n goedbedoelde onkunde van die kompleksiteit van die probleem.. Wanneer ‘n dokter nie ‘n siekte kan genees (of vinnig genoeg kan genees) nie, is ons geneig om desperaat te raak. As iemand dan ‘n alternatiewe oplossing bied, sal ons meer geneig wees om dit te aanvaar. Die alternatiewe kuur kan ‘n kliniese toets by ‘n universiteit wees (met verstommende resultate), of dit kan ‘n totale kwaksalwer wees wat ‘n paar rand vir sy eie sak wil maak. Of Trump en Boris die eksperts of kwaksalwers is, is die groot vraag. Sou dit eersgenoemde wees, wonderlik. Sou dit laasgenoemde wees, hoop ek dat die pasiënt die beproewing sal oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.